Onderwys/Skool

Opgedateer 9/10/23 deur Cindy Beall

Bybelverse

Spreuke 16:3

Kolossense 3:17

Filippense 1:6

Leesplanne

Goddelike Leiding

Bid om God se Leiding

Daaglikse Krag deur Craig Groeschel: Brandstof vir Jou Siel

Gebed

Heilige Gees, U ken my hartU verstaan my diepste begeertes en behoeftes en U ken al my voornemens. U ken my beter as wat ek myself ken. Daar is nêrens waarnatoe ek kan gaan om van u teenwoordigheid te ontsnap nie en ek kan niks vir U wegsteek nie!

 Dis hoekom ek, op hierdie oomblik, vra dat U aan my u Goddelike wysheid en leiding sal gee.

Ek weet nie altyd waarvoor om te bid nie. My siel is uitgeput en ek is moeg. Ek bekommer my dikwels om die regte besluit te neem — maar ek wil 'n lewe lei wat U eer.

Selfs al mag ek voel dat ek nie vorentoe kan gaan of sien wat voorlê nie, sien U my. En U ken my. Lei my dus asseblief. Wys my die paaie wat na oorvloedige lewe lei en oortuig my wanneer ek versoek word om van U weg af te dwaal.

Vernuwe my, terwyl U my leiEk sal my hoop te alle tye op U plaas, want U ken alles, en U hou my lewe in stand. In tye van nood is U my krag en my redder..

Here, hou my dus styf vas en leer my om waardig te leef volgens die roeping wat U my gegee hetLaat my die regte pad loop terwyl U my lewe beskerm, want ek wil U verheerlik.

In die Naam van Jesus, amen.


Hoe het ons gevaar?

Powered by HelpDocs (opens in a new tab)