Maak 'n donasie aan YouVersion of Bybelvertaling

Opgedateer 28/11/23 deur Caleb Lenehan

Ons glo dat mense wat nader aan God probeer kom, se lewens verander kan word. Wanneer jy 'n donasie aan YouVersion maak, help jy ons om voort te gaan om programme te skep wat mense regoor die wêreld help om elke dag nader aan God te kom. Wanneer jy 'n donasie vir Bybelvertaling maak, help jy ons getroue vennote om seker te maak dat elke persoon op aarde die geleentheid het om die Woord van God in hulle eie taal te lees.


Hoe om te gee

  1. In die toep: Kies Meer (≡), dan [♥︎Donasie] (regs bo).
    OF
    Aanlyn: Gaan na https://give.bible.com/give.
    OF
    Android tablet: Kies Meer (≡), dan [♥︎Donasie] (kant kieslys).
  2. Kies jou Geldeenheid.
    Toepassings: Regterkant.
    give.bible.com/give: Onder-aan die bladsy.
  3. Voer die bedrag in wat jy wil gee.
    OF
    Kies 'n Gegewe Bedrag.
    Toepassings: Onderaan die skerm.
    give.bible.com/give: Onder die spasie vir die bedrag.
  4. Kies YouVersion of Bybelvertaling.
  5. Kies Eenmalig, Weekliks, Elke twee weke, Tweekeer 'n maand (1ste & 15de), of Maandeliks.
  6. Kies Prosesseer Donasie Op, om die datum te kies wanneer die donasie gemaak moet word.
    Beskikbare datums hang af van hoe dikwels jy gekies het om 'n donasie te maak.
  7. Die eerste keer: Voeg jou Donasiemetode by.
    As jy voorheen al 'n donasie gemaak het: Kies watter Donasiemetode jy hierdie keer wil gebruik.
  8. Kies [Gee Nou].
    Die GEE-knoppie wat jy sien, hang af van die donasiemetode wat jy gekies het.
Om 'n donasie per pos te maak, stuur jou tjek of poswissel na:

YouVersion Team
4600 E. 2nd St.
Edmond, OK  73034


Maak seker dat jy op jou tjek of poswissel aandui of jou donasie vir YouVersion of vir Bybelvertaling is.

Kyk na jou vorige donasies

  1. In die toep: Kies Meer (≡), dan [♥︎Donasie] (regs bo).
    OF
    Aanlyn: Gaan na https://give.bible.com/give.
  2. Links onder: Kies Vorige Donasies.
  3. Kies 'n Jaar.
Onderaan die skerm:
Aan die begin van elke jaar sal YouVersion vir jou 'n staat stuur van jou Vorige Donasies van die jaar vantevore vir jou eie rekordhouding en belastingdoeleindes. Kies hoe jy hierdie staat wil ontvang. Voltooi enige verpligte afdelings (soos bv. jou SA adres) en kies (Stoor) regs bo.
Links bo:
Om 'n kopie van jou Vorige Donasies af te laai vir jou eie doeleindes, kies Laai af.

Jaarlikse Donasie State

Aan die begin van elke jaar sal YouVersion vir jou 'n staat stuur van jou Vorige Donasies van die jaar vantevore vir jou eie rekordhouding en belastingdoeleindes. Alle donasies word in Amerikaanse dollars bereken en word gebruik om YouVersion se bestuurskostes aan te vul. YouVersion is 'n digitale bediening van Life.Church. Indien jy enige vrae oor YouVersion se jaarlikse donasie state het, stuur vir ons 'n e-pos na giving@youversion.com.

Indien jy meer indringende vrae het, vra raad by 'n belasting raadgewer.

Kies hoe jy jou jaarlikse Donasie Staat wil ontvang:

  1. In die toep: Kies Meer (≡), dan [♥︎Donasie] (regs bo).
    OF
    Aanlyn: Gaan na https://give.bible.com/give.
  2. Links onder: Kies Vorige Donasies.
  3. Onderaan die Vorige Donasie-skerm: kies Soort Rekeningstaat.
  4. Kies elke formaat waarin jy die staat wil ontvang. 'n Regmerk verskyn langs jou keuse(s).
  5. Voltooi die Verpligte Afdelings (soos jou SA adres).

Nadat jy al die nodige inligting voltooi het:

  1. Regs bo: Kies [Save].
Links bo:
Om 'n kopie van jou Vorige Donasies af te laai vir jou eie doeleindes, kies Laai af.

Kyk na jou geskeduleerde donasies

Jy kan kies hoe gereeld jy 'n donasie wil maak: eenmalig, weekliks, twee-weekliks, twee keer per maand (1ste en 15de) of maandeliks.

  1. In die toep: Kies Meer (≡), dan [♥︎Donasie] (regs bo).
    OF
    Aanlyn: Gaan na https://give.bible.com/give.
  2. Regs onder: Kies Geskeduleerde Donasie.

As jy klaar is met geskeduleerde donasies:

  1. Regs bo: Kies Klaar.

Voeg 'n Donasiemetode by

  1. In die toep: Kies Meer (≡) dan [♥︎Donasie] (regs bo).
    OF
    Aanlyn: Gaan nahttps://give.bible.com/give.
    OF
    Android tablet: Kies Meer (≡) dan [♥︎Donasie] (kant kieslys).
  2. Kies die woorde Donasiemetode.
  3. Kies die betalingsmetode wat jy wil byvoeg.
    Voorbeelde: Apple Pay, PayPal, Krediet-/Debietkaart, Bankrekening, ens.
  4. Verskaf al die nodige inligting vir die kategorie wat jy gekies het.
    Krediet-/Debietkaart: Rekeningnommer, vervaldatum, CVC (verifikasie kode van kaart), ens.
    Bankrekening: (slegs V.S.A. bankrekeninge) Naam van rekening, roeteringsnommer, rekeningnommer, ens.
  5. Stoor metode: Kies Klaar of Stoor.
    OF
    Kanselleer: Kies Kanselleer of < Terug of .
  6. Kies Klaar of .

Kies 'n ander donasiemetode

  1. In die toep: Kies Meer (≡) dan [♥︎Donasie] (regs bo).
    OF
    Aanlyn: Gaan nahttps://give.bible.com/give.
    OF
    Android tablet: Kies Meer (≡) dan [♥︎Donasie] (kant kieslys).
  2. Kies die woorde Donasiemetode.
  3. Kies die donasiemetode wat jy wil gebruik.
    Die metodes wat beskikbaar is, sal afhang van watter metodes jy voorheen bygevoeg het en op watter platform/toestel jy dit doen. Voorbeelde: Apple Pay, PayPal, Krediet-/Debietkaart, Bankrekening, ens.
    So kan jy 'n Donasiemetode byvoeg.
  4. Kies Klaar of .

Verwyder 'n Donasiemetode

  1. In die toep: Kies Meer (≡) dan [♥︎Donasie] (regs bo).
    OF
    Aanlyn: Gaan nahttps://give.bible.com/give.
    OF
    Android tablet: Kies Meer (≡) dan [♥︎Donasie] (kant kieslys).
  2. Kies die woorde Donasiemetode.
  3. give.bible.com/give: Kies Verander en kies dan Wis Uit langs die donasiemetode wat jy wil verwyder.
    iOS: Op die donasiemetode wat jy wil verwyder: Vee links en kies dan Wis Uit.
    Android: Op die donasiemetode wat jy wil verwyder: Druk-en-hou en kies dan Wis Uit.
  4. Kies Klaar of of ← Terug.


Hoe het ons gevaar?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)