Ander Funksies
Die Tuisvoer
Wanneer jy die Bybeltoep oopmaak, sal jy jou onlangse aktiwiteit in die Tuisvoer sien, asook jou vriende s'n en relevante inhoud vir die dag, soos vers-van-die-dag en gewilde leesplanne.
Vir Jou oortjie: Jou aktiwiteit en inhoud
Gemeenskap oortjie: Jou vriende se aktiwiteite
Herrangskik jou tuisvoer
iOS:
- Kies die Tuisvoer oortjie, as jy nie alreeds daar is nie.
- Kies die Vir Jou oortjie, as jy nog nie daar is nie.Aktiwiteite in die Gemeenskap oortjie verskyn in kronologiese volgorde en kan nie geherrangskik word nie.
- Regs bo by enige afdeling van die Vir Jou oortjie, kies⋯, dan Herrangskik.Jy kan ook afrol na heel onder in jou tuisvoer en Herrangskik hierdie afdelings kies.
- Druk-en-hou op hierdie gedeelte,
trek dit dan in die volgorde hoe jy dit in jou tuisvoer verkies. - As jy klaar is:
Regs bo:Kies Klaar om die veranderinge te stoor.
OF
Links bo: Kies Kanselleer om terug te keer sonder om te stoor.
Vers-van-die-dag Stories (Indien beskikbaar)
Geniet elke dag 'n oomblik saam met God.
Vers-van-die-dag stories help om jou hart en gedagtes op God en sy koninkryk te vestig. Elke dag verskyn daar 'n nuwe Storie wat op die Vers-van-die-dag gebaseer is en nuttige konteks en inhoud verskaf. Dit sluit die volgende in: video-onderrig, oordenkingsvrae, 'n oordenking wat op 'n Leesplan gebaseer is, 'n gebed, 'n versbeeld om te deel, en nog meer.
Android, iOS:
- Kies die Tuisvoer oortjie, as jy nog nie daar is nie.
iOS:
Kies die Vir Jou oortjie, as jy nog nie daar is nie. - Rol tot bo-aan jou Tuisvoer,
en kies dan Maak Storie Oop.Die meeste grepe sluit beskrywende titels in, soos: Welkom, Skrifgedeelte, Besinning, Oordenking, Gebed, ens. - Druk op die regterkant van die skerm om vorentoe te gaan,
OF
druk op die linkerkant van die skerm om terug te gaan,
en volg die aanwysings soos jy aangaan.Links bo: Om die Storie-van-die-dag toe te maak, kies X.Sommige grepe, soos Skrifgedeeltes en Gebed, het inhoud wat jy kan deel. Kies die Deel-ikoon en volg die aanwysings.
Nog Opsies:
- Besin. Kies Voeg Jou Eie Gedagte By om 'n Nota oor die Vers-van-die-dag te stoor.
- Oordenking. Kies Lees Meer om die res van die oordenking te sien. Kies Stoor Vir Later om daardie leesplan by My Leesplanne te voeg.
- Gebed. Kies Voeg By Gebedslys om vandag se gebed by jou Gebedslys te stoor.
- Versbeeld. Kies Stoor by Profiel om vandag se versbeeld by jou Beelde te stoor en by jou Tuisvoer te voeg.
Kinders se Bybelervaring
Kinders se Bybelervaring bied boeiende, relevante Bybelse insig vir groeiende kinders, wat nog nie gereed is vir die vir inhoud wat aan tieners verskaf word nie. Elke dag se inhoud is op die Vers-van-die-dag gebaseer, en is ontwerp om jou kind te help om sy eie daaglikse tyd saam met God te vind.
Skakel Kinders se Bybelervaring aan:
Regs onder: Kies ≡ (Meer), Instellings, Kinders se Bybelervaring.
Android, iOS:
- Kies die Tuisvoer oortjie, as jy nog nie daar is nie.
iOS:
Kies die Vir Jou oortjie, as jy nog nie daar is nie. - Rol na bo in jou Tuisvoer,
en kies dan enige plek op Kinders se Bybelervaring.Die meeste grepe sluit beskrywende titels in soos: Skrifgedeelte, Besinning, Gebed, ens. - Druk op die regterkant van die skerm om vorentoe te gaan,
OF
druk op die linkerkant van die skerm om terug te gaan,
en volg die aanwysings soos jy aangaan.Links bo: Om Kinders se Bybelervaring toe te maak, kies X.
Widgets
Widgets gee jou direkte toegang tot die Bybeltoep se funksies — soos Vers-van-die-dag, Vers-van-die-dag beelde, jou Leesplandae vir die dag, ens. —want dit laat jou toe om hulle direk op jou toestel se tuisskerm te sit.
Voeg 'n Widget by
Android:
- Tuisskerm: Druk-en-hou dit ingedruk op enige oop spasie.
- Kies Widgets.Plaas jou widget nou versigtig, waar jy dit wil hê. Widgets neem meer spasie in beslag as toepassings. Wanneer jy 'n widget plaas, mag dit toepassings in die nabye omgewing verplaas op 'n manier wat jy nie verwag nie.
- Druk-en-hou op die widget van jou keuse,
trek dit na die plek op jou tuisskerm waar jy dit wil hê
en los dit daar. - Indien beskikbaar: Kies jou widgets se opsies,
en kies dan Stoor.
iOS:
- Tuisskerm: Druk-en-hou dit ingedruk op enige toepassing of oop spasie totdat die toepassings 'n geluid maak.
- Links bo: Druk op +.
- Soek Widget blokkie: Tik Bybel,
en kies dan Soek. - Kies Die Bybel.
- Vee tot by die widget wat jy soek.
- Kies Voeg Widget By.Plaas jou widget nou versigtig, waar jy dit wil hê. Widgets neem meer spasie in beslag as toepassings. Wanneer jy 'n widget plaas, mag dit toepassings in die nabye omgewing verplaas op 'n manier wat jy nie verwag nie.
- Trek die widget waar jy dit op jou tuisskerm wil hê,
los dit dan daar.Jy kan widgets op dieselfde manier as toepassings rondskuif. Widgets is net verskillende groottes as toepassings. - Regs bo: As die widget is waar jy dit wil hê,
kies Klaar.
Verander 'n widget se grootte
Android:
- Tuisskerm: Druk-en-hou in op die widget waarvan jy die grootte wil verander.
- Druk-en-hou in op enige kolletjies op die widget se rande,
trek dit dan om die grootte te verander. - Wanneer jy klaar is,
kies enige plek buitekant die widget.
Verwyder 'n widget
Android:
- Druk-en-hou in op die widget wat jy wil verwyder,
trek dit na X Verwyder,
en los dit daar.
iOS:
- Druk-en-hou in op die widget wat jy wil verwyder.
- Kies Verwyder Widget.
Periodes
Periodes moedig jou aan om elke dag die Skrif te lees, deur vir jou te wys hoeveel agtereenvolgende dae jy die Bybeltoep oopgemaak het. Elke dag as jy die Bybeltoep oopmaak (al is jy nie aan die internet verbind nie), vermeerder jou telling met 1. (Die Bybeltoep meet een dag as 'n 24 uur periode tussen 12:01 en 24:00 in jou tydsone.)
Periodes verskyn net op Android en iOS toestelle,nie op Bible.com nie.
Volledige weke
Volledige Weke is aanvullend tot Periodes, en moedig jou aan deur jou perspektief te gee op jou langtermyn vordering — selfs al is daar 'n onderbreking. 'n Volledige Weke is een 7-dag periode, bereken vanaf Sondag tot Saterdag, in jou tydsone. Jou Volledige Weke-telling is die totaal van 'n aanhoudende opeenhoping van al jou Volledige Weke.
Hoe om oor periodes herinnerings te kry
Die Bybeltoep kan jou help onthou om elke dag die Skrif te lees (en momentum te behou), deur vir jou 'n daaglikse herinnering te stuur. Wanneer die herinnering gestel is, en jy nie die Bybeltoep teen 19:00 in jou tydsone oopgemaak het nie, sal jy 'n kennisgewing kry.
Android of iOS:
- Maak seker dat jy aangeteken het in jou gratis YouVersion-rekening.
Doen dit so - Kies ≡ (Meer),
Instellings,
Kennisgewinginstellings,
"Push" Kennisgewings. - Rol na onder tot by die: Bybeltoep Aktiwiteit: Kies Periodes herinneringe.Bible.com:
Wanneer jy Bible.com oopmaak en aanteken in jou gratis YouVersion-rekening, sal daardie dag by jou periodes getel word. Bible.com vertoon egter nie Periodes nie. Jy kan ook nie Periodes in Bible.com aanskakel nie.
Stuur 'n gebedsversoek of vra 'n teologiese vraag
… erken in julle harte vir Christus as die een wat seggenskap het. Wees altyd gereed om te reageer as iemand julle uitvra oor die hoop wat in julle leef. … wees altyd reg om te verduidelik waarom. Doen dit egter taktvol en eerbiedig.
Ons hoofdoel deur middel van hierdie kanaal, is om 'n wêreldklas produk aan ons Bybeltoep se gemeenskap te lewer.
Ons het begrip vir enige ander vrae en gebedsversoeke. Om seker te maak dat jy die bes moontlike antwoord kry, vra ons dat jy ons Geestelike Ondersteuningspan kontak.
Voltooi asb. hierdie vorm en ons sal jou antwoord.
Versoek 'n funksie
Ons glo lewens kan verander as mense God elke dag opsoek en daarvan 'n gewoonte kweek. Om daardie rede skep ons Bybelgesentreerde, kultuurverwante ervarings: om mense aan te moedig en uit te daag om God op te soek. As jy 'n goeie idee het van iets wat ons doel kan help bereik, deel dit dan met ons deur hierdie Produk Voorstelvorm.
Ontbrekende Bybelverse?
Wanneer jy die Bybel lees of daarna luister, mag jy oplet dat sekere gedeeltes af en toe nie ooreenstem in verskillende Bybelvertalings nie. Dit beteken nie dat Bybelvertalers of -uitgewers verse verander of uitgelaat het nie. Dit beteken maar net dat daardie gedeeltes op verskillende geleenthede deur verskillende geleerdes, wat heel waarskynlik verskillende bronne gebruik het, vertaal is. (Een voorbeeld is gedeeltes van die Dooie See Rolle wat in 1947 ontdek is. Hulle is ouer as dié wat beskikbaar was vir vertalers van die King James Bybel, wat in 1604 daaraan gewerk het.)
Hierdie geringe verskille doen geensins afbreuk aan die kern leerstelling van die Christelike geloof nie.
Baie van die Bybels wat ons beskikbaar stel, soos die New International en English Standard weergawers, sluit notas in wat hierdie verskille aandui. Om op Android of iOS, tussen hierdie verskillende verwysings te wissel, kies ≡ (Meer), Instellings (die rat-ikoon), Skriflesing, Wys Voetnotas. Om dan daardie voetnotas te lees, druk net op die nota borrel as jy dit in die Bybelteks sien.
As jy verdere vrae het, kan jy ons kontak deur die Hulpverleningsvorm te voltooi.
Nog iets oor Bybelvertaling
Bybelgeleerdes is deesdae nog steeds besig om die Bybel in meer tale as ooit tevore te vertaal, deur wêreldwye vennootskappe aan te gaan, wat seker maak dat elke persoon op aarde die geleentheid het om God se Woord in hulle eie taal te lees.
Vind meer uit oor Bible for Everyone, YouVersion se veldtog om die Bybel in elke taal vertaal te kry.
Vra 'n Bybelweergawe aan
Deur middel van die vrygewigheid van ons Bybel Uitgewersvennote, is YouVersion bevoorreg om meer as 2 200 Bybelweergawes beskikbaar te kan stel, in meer as 1 500 tale. Indien daar egter 'n Bybelweergawe is wat ons nie tans beskikbaar stel nie, maar wat jy graag toegang toe wil kry, voltooi ons Bybelweergawe Versoekvorm.
Ietsie meer oor die Vers-van-die-dag se proses
Vers-van-die-dag bied 'n unieke Bybelvers vir elke dag van die jaar, wat met sorg deur YouVersion se personeel uitgekies is, om jou te bemoedig, te inspireer en uit te daag.
Inteendeel:
Om 'n jaar se beelde vir die Vers-van-die-dag in baie tale te kan verskaf, moet ons lank voor die beplande vrystelling ons beplanning en ontwerp doen. Teen die einde van die jaar besluit 'n klein span, op watter dag watter Vers-van-die-dag die volgende jaar geplaas gaan word.
Oor 'n aantal maande werk ons grafiese kunstenaars aan die beelde wat nodig is vir elke Vers-van-die-dag (een vir elke taal wat ons beskikbaar stel) en dan word dit in ons databasis gelaai. Gebaseer op 'n vooraf opgestelde program, word daar elke dag teen middernag, in elke tydsone, daardie dag se Vers-van-die-dag outomaties na 'n bedienierkas opgelaai. Wanneer dit eers in die tydsone geplaas is, is daar geen manier hoe ons die Vers-van-die-dag kan verander of kanselleer nie, want ons kan nie beelde onttrek vanaf toestelle wat dit alreeds afgelaai het nie.
Ons, by YouVersion, glo dat die soeke na intimiteit met God die krag het om jou lewe te verander. Daarom soek ons die Vers-van-die-dag versigtig uit, met die spesifieke doel om jou te bemoedig, te inspireer of uit te daag om voort te gaan om God elke dag op te soek.
Iets oor jou privaatheid en data
Hoe YouVersion jou toestemmings, data en privaatheid bestuur
YouVersion se Privaatheidsbeleid
Bybelaktiwiteite wat jou vriende kan sien