Jou gratis YouVersion-rekening

Oorsig

Jou gratis YouVersion-rekening bied vir jou 'n veilige plek om gebede te stoor, tred te hou met leesplanne waarop jy ingeteken het, kentekens wat jy verdien het, versbeelde te maak, kleurmerke en boekmerke en notas te stoor, om met vriende kontak te maak en nog meer. Jy het toegang tot jou YouVersion-rekening vanaf enige toestel wat die Bybeltoep ondersteun, asook by Bible.com.

Ons bied elke aspek van YouVersion heeltemal gratis aan, sonder voorwaardes en geen advertensies nie: gratis vir individuele gebruikers, en gratis vir ons Bybel- en inhoudsvennote. Alhoewel jy YouVersion sonder 'n rekening kan gebruik, werk die meeste funksies in die Bybeltoep net as jy 'n rekening het.

Verwys na YouVersion se privaatheidsbeleid om te sien op hoeveel maniere ons jou privaatheid en data beskerm. Verwys na YouVersion se Gebruiksvoorwaardes om uit te vind wat jou regte en verantwoordelikhede vir die gebruik van die dienste van YouVersion is.

Installeer die Bybeltoep

Android, iOS:

  1. Maak die Toepwinkel op jou toestel oop.
  2. Kies die soekblokkie.
  3. Soek vir YouVersion.
  4. Maak seker dat jy die regte Bybeltoep kies:
  • Geskep deur Life.Church — met 'n punt tussen Life en Church.
  • Android: Die toep wat The Bible App Free + Audio, Offline, Daily Study genoem word.
  • iOS: Die toep wat net Bible genoem word.
    Maak weer seker dat jy YouVersion se Bybeltoep gekies het. Baie toepassings gebruik misleidende bewoording en laat hul embleem soos YouVersion s'n lyk om jou te probeer mislei om hul toep te installeer. Baie van hierdie toepassings verdien geld deur advertensies vir jou te wys en/of deur data aan jou te verkoop. Ons toep bevat geen advertensies nie, en ons werk hard om jou privaatheid en jou data te beskerm.
    iOS:
    Die eerste paar rye van Apple se Toepwinkel se soektog resultate, bevat advertensies, wat met 'n klein etiket aangedui word:  Ad. Om seker te maak dat jy nie per ongeluk 'n toep, wat gemaak is om soos YouVersion te lyk, installeer nie, beveel ons aan dat jy nie een kies wat met Ad gemerk is nie.
  1. Android:
    Kies Installeer.
    iOS:
    Kies Kry.

Teken in vir 'n Nuwe Rekening

Android:

Die eerste keer wanneer jy die toep oopmaak:

  1. Voorstel: Kies Teken In.
    Opsioneel: Kies — Gaan voort met Google
    As jy "Gaan voort met Google" kies, volg die aanwysings van daardie diensverskaffer om aan te teken.

Android, iOS:

Altyd:

  1. Regs bo: Kies die Persoon-ikoon.
  2. Kies Teken In.
  3. Voorstel: Kies Gaan voort met e-pos.
    Opsioneel: Kies "Gaan voort met Google, Facebook, of Apple".
    As jy daardie keuse maak, volg die aanwysings van hoe in aan te teken deur middel van daardie diensverskaffer.
  4. As jy "Gaan voort met e-pos" gekies het (aanbevole):
    Volg die aanwysings om jou rekening te skep.
    Jou wagwoord is bewus van hoof- en kleinletters en moet tussen 6 en 32 karakters bevat.
    Ons beveel aan dat jy 'n unieke wagwoord vir jou YouVersion-rekening skep. Ons stel ook voor dat jy jou wagwoord stoor waar jy dit maklik in die hande kan kry as jy dit nodig het. (oorweeg 'n wagwoord bestuurstelsel)
    iOS:
    As jy die wagwoord bestuurstelsel toelaat om vir jou 'n wagwoord te skep, sal dit in jou iCloud Keychain gestoor word en sal outomaties ingevul word op alle iOS toestelle waarop jy met jou Apple ID aanteken.
  5. Kies Teken in.
    YouVersion stuur 'n e-pos ter bevestiging na die adres wat jy gebruik het om jou rekening te skep.
  6. Gaan kyk by jou e-posse en klik op die skakel in die bevestigings-boodskap.
    Dit kan 'n paar minute neem voordat jou e-pos ter bevestiging opdaag. As jy dit nie kry nie, probeer die volgende probleemoplossings: Ek sien nie die YouVersion e-pos wat ek verwag het nie
    Nadat jy jou e-posadres bevestig het:
    in die toep:
  7. Android:
    Kies Gaan voort.
    iOS:
    Kies Klaar.

Bible.com:

  1. Regs bo: Kies Teken in.
  2. Maak so: Voltooi die vorm om met jou e-posadres aan te teken.
    YouVersion stuur 'n e-pos ter bevestiging na die adres wat jy gebruik het om jou rekening op te stel.
    Wagwoorde is bewus van hoof- en kleinletters. Jou wagwoord moet tussen 6 en 32 karakters wees.
    Ons beveel aan dat jy 'n unieke wagwoord vir jou YouVersion-rekening skep. Ons stel ook voor dat jy jou wagwoord stoor waar jy dit maklik in die hande kan kry as jy dit nodig het. (oorweeg 'n wagwoord bestuurstelsel)
    Opsioneel: Kies om met Facebook, Google of Apple in te teken.
    As jy met Facebook, Google of Apple inteken, volg die aanwysings wat verskaf word.

As jy met jou e-pos ingeteken het (aanbevole):

  1. Gaan kyk by jou e-posse en klik op die skakel in die bevestigings-boodskap.
    Dit kan 'n paar minute neem voordat jou e-pos ter bevestiging opdaag. As jy dit nie kry nie, probeer die volgende probleemoplossings: Ek sien nie die YouVersion e-pos wat ek verwag het nie
    Nadat jy jou e-posadres bevestig het:
  2. Jy kan nou Aanteken met jou nuwe rekening.

Teken Aan

Android, iOS:

  1. Links onder: Kies Tuisblad.
  2. Regs bo: Kies die Persoon-ikoon.
    As jy jou profielfoto kan sien (of jou voorletters), is jy alreeds aangeteken.
  3. Android:
    Regs onder: Kies Teken Aan.
    iOS, Bible.com:
    Bo: Kies Teken aan.
  4. Aanbeveling: Kies e-pos.
    Opsioneel: Kies Google, Facebook of Apple.
    Maak seker dat jy dieselfde metode gebruik as toe jy Ingeteken het vir jou rekening. Moenie met Facebook, Google of Apple aanteken tensy dit die metode was wat jy gebruik het om die eerste keer in te teken nie.
    Ons stel voor dat jy met jou e-posadres aanteken en die wagwoord gebruik wat uniek is aan jou gratis YouVersion-rekening. Ons stel ook voor dat jy jou wagwoord stoor waar jy dit maklik in die hande kan kry as jy dit nodig het. (oorweeg 'n wagwoord bestuurstelsel)
  5. Kies Teken Aan.

Teken uit

Die proses hier onder verduidelik hoe om uit te teken uit die Bybeltoep. Voordat jy dit doen, moet jy seker maak dat jy weet hoe jy tans aangeteken is; met jou e-posadres en wagwoord of met Facebook, Google, of Apple.

Android, iOS:

  1. Links onder: Kies Tuisblad.
  2. Regs bo: Kies jou Profielfoto (of voorletter).
  3. Regs bo: Kies of .
  4. Android:
    Kies Teken Uit.
    iOS:
    Kies Teken Uit, kies dan Teken Uit om te bevestig.

Bible.com:

  1. Regs bo: Kies jou Profielfoto (of voorletter).
  2. Kies Teken uit.

Stel die taal(tale) in wat jy altyd wil gebruik

As jy net die taal wil verander waarin jy die Bybel lees, kan jy dit ter eniger tyd in die Bybelleser doen. Maak so

Wat is jou hartstaal — die taal waarin jy dink en droom? Die meeste mense leer die beste wanneer hulle in hul hartstaal lees of na iets luister.

Ons wil so veel as moontlik mense help om 'n daaglikse gewoonte te vestig om God op te soek. Dis hoekom ons altyd besig is om nog meer tale tot ons toepassing by te voeg. (Dis ook hoekom ons so passievol daaroor is om Bybelvertalings te ondersteun.)

Hierdie proses verduidelik hoe om die taal(tale) te kies wat jy in die toepassing wil gebruik:

  • Toep Koppelvlak. Knoppies, kieslyste en woorde in die toepassing, sowel as in die kommunikasie wat jy vanaf YouVersion kry (soos e-posse en kennisgewings).
  • Bybelteks. Die taal waarin jy die Bybel lees of daarna luister.
  • Leesplanteks. Die taal waarin jy leesplanne en oordenkings lees of na luister.
Ons toep se fabrieksinstelling verander na die taal wat jy vir jou toestel kies. As YouVersion nie tans jou taal verskaf nie, stel dit outomaties op Engels.
Omdat jy toegang kry na Bible.com deur 'n webblaaier, hanteer dit tale anders. (Kyk hier onder.)

As jy nie alreeds aangeteken het in jou gratis YouVersion-rekening nie, Teken nou aan.

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies Meer (≡), Taal.
  2. Kies die taal wat jy vir verskillende funksies in die toep wil gebruik:
    1. Toep Koppelvlak
      Kies versigtig die regte taal wat jy vir die Toep Koppelvlak wil gebruik. As jy per ongeluk die toep koppelvlak se taal verander na een wat jy nie ken nie, gaan dit moeilik wees om die kieslys te lees sodat jy die taal kan verander.
      Android:
      Wanneer jy die toep koppelvlak se taal verander, word 'n lêer vir daardie taal op jou toestel afgelaai. Die tale wat jy nie wil hê nie, kan jy vanaf hierdie kieslys verwyder.
      iOS:
      Wanneer jy die toep koppelvlak se taal verander, sal jy 'n kennisgewing kry wat jou vra om die Bybeltoep te herbegin, sodat jou taalkeuse geaktiveer kan word. Jy sal die verandering moet bevestig en dan weer die toep oopmaak om die proses te voltooi.
    2. Bybelteks
      Bybelteks en Leesplanteks:
      Luidspreker ikone dui aan watter tale 'n klankopsie het.
    3. Leesplanteks
      Nie alle leesplanne is in al die tale beskikbaar nie. Baie van die leesplanne wat YouVersion aanbied, word deur vrywilligers vertaal. Word 'n vrywilliger

Bible.com:

  1. Regs onder: Kies die taal wat jy in Bible.com wil gebruik.
  2. Middel bo: Kies die afkorting van die huidige Bybelweergawe. 'n Lys sal al die weergawes vertoon wat jy onlangs gebruik het, gevolg deur ander weergawes wat in jou gekose taal beskikbaar is.
    Luidspreker-ikone dui die Bybelweergawes aan van 'n klankopsie.
  3. Kies Verander Taal om 'n alfabetiese lys van al die beskikbare tale te sien (volgens die Engelse benaming).
  4. Soek deur al die beskikbare tale of begin tik die taal wat jy soek, in die Filtreer Tale spasie.
  5. Kies die taal wat jy vir die Bybelteks wil gebruik. Al die Bybelweergawes wat in daardie taal beskikbaar is, word alfabeties gelys.
    Luidspreker-ikone dui die Bybelweergawes aan van 'n klankopsie.
  6. Kies die Bybelweergawe wat jy wil gebruik.
    Middel onder:
    Kies Weergawes om 'n lys van al die Bybelweergawes te sien wat tans beskikbaar is. Kies Tale om 'n lys te sien van al die tale wat tans beskikbaar is.

Wysig jou profiel

Die inligting wat jy kies om in jou profiel te deel, help jou vriende om jou in die toep te vind, en gee jou die geleentheid om jou uniekheid uit te druk. Dis wat jy kan opdateer:

Sigbaar vir ander

Enigeen wat aangeteken het in die toep, sal alles sien wat jy in hierdie gedeelte ingevul het.

  • Foto. (opsioneel) Die meeste mense hou daarvan om 'n foto van hulleself of hul gesin te gebruik, maar jy kan enige ander beeld kies. As jy nie 'n foto oplaai nie, wys die toep net die eerste letters van jou naam en van. Om jou Profielfoto by te voeg of te verander, kies dit en volg die aanwysings.
    Indien jy wel 'n foto byvoeg, kan jy dit enige tyd met 'n ander foto vervang, maar jy kan dit nie uitwis nie.
    Beskikbaar in Bible.com by Instellings, Verander Foto.
  • Naam. (verpligtend) Voornaam en van. Indien jy meer privaatheid verlang, kan jy net jou voorletters hier plaas.
  • Ligging. (opsioneel) Die meeste mense voeg die dorp waar hulle woon hier in.
  • Bio. (opsioneel) Enigiets oor jouself.
  • Webwerf. (opsioneel) Die skakels na platforms waar mense meer oor jou te wete kan kom, soos bv. Instagram, Facebook, ens.

Persoonlike Inligting

Net jy kan sien wat in hierdie gedeelte geplaas word.

As jy nie alreeds in jou gratis YouVersion-rekening aangeteken het nie, Teken nou aan.

Android, iOS:

  1. Links onder: Kies Tuisblad.
  2. Regs bo: Kies jou Profielfoto (of voorletter).
  3. Regs bo: Kies of .
  4. Kies Verander Profiel.
  5. Verander die afdelings wat jy wil verander.
  6. Regs bo: Kies Stoor.

Bible.com:

  1. Regs bo: Kies Instellings (rat-ikoon).
  2. Links: Kies Wysig Profiel.
  3. Verander die afdelings wat jy wil verander.
  4. Kies Dateer Profiel Op.
    Hierdie velde is op Bible.com beskikbaar:
    • Poskode(opsioneel)
    • Land of Streek
    • Tydsone

Pas jou kennisgewings aan

Ons is deurgaans besig om nuwe inhoud te skep om jou te help om God elke dag op te soek. Jou gemeenskap en vriende in die toep groei deurentyd geestelik saam met jou, wanneer julle ervarings deel. Hierdie proses sal jou help om opdaterings te stel wat jy van die toep wil ontvang, wanneer dit jou pas.

Jou Kennisgewinginstellings is privaat. Ander mense wat die Bybeltoep gebruik, kan nie sien watter kennisgewings jy ontvang nie.
Die Kanselleer My Intekening opsie, aan die onderkant van enige YouVersion e-pos, sal die e-pos kennisgewings in jou toep oopmaak of jou na die Bestuur Kennisgewings bladsy in Bible.com neem (Teken Aan as dit nodig is), afhangende van die instellings op die toestel wat jy gebruik as jy op die skakel klik.
Vers-van-die-dag is nie by kennisgewinginstellings nie. Hier kan jy sien hoe om jou Vers-van-die-dag inskrywing op te stel

As jy nie alreeds in jou gratis YouVersion-rekening aangeteken het nie, Teken nou aan.

Android, iOS:

  1. Links onder: Kies Tuisblad.
  2. Regs bo: Kies jou Profielfoto (of voorletter).
  3. Regs bo: Kies of .
  4. Kies Kennisgewinginstellings.
  5. Kies E-poskennisgewings en kies watter kennisgewings jy per e-pos wil ontvang.
  6. Wanneer jy daarmee klaar is:
    Android:
    Kies.
    iOS:Kies <.
  7. Kies "Push" Kennisgewings en kies watter kennisgewings na jou toestel gestuur moet word.
  8. As jy klaar is:
    Android:
    Kies .
    iOS:
    Kies <.
    Die veranderinge aan jou kennisgewinginstellings is nou gestoor.

Bible.com:

  1. Regs bo: Kies Instellings (rat-ikoon).
  2. Links: Kies Kennisgewings.
  3. Kies watter kennisgewings na jou e-posadres gestuur moet word, en watter na jou mobiele toestel moet gaan.
  4. Kies Dateer kennisgewings op.
    Die veranderinge aan jou kennisgewinginstellings is nou gestoor.

Kry jy nog steeds e-posse oor leesplanne wat jy saam met vriende doen? Kyk hier hoe jy kennisgewings van leesplanne saam met vriende kan verander.

Die bogemelde proses help jou om kennisgewings wat van jou YouVersion toep gestuur word, volgens jou keuse te verander. Om die oorkoepelende kennisgewinginstellings op jou toestel te verander:
Android
iPhone
iPad
iPod touch

Stel jou inskrywing van Vers-van-die-dag op

Teken in en soek.

Net soos jou liggaam fisiek voeding nodig het, het jou siel geestelike voeding nodig. YouVersion kan jou voed deur middel van die Vers-van-die-dag, 'n daaglikse Bybelvers wat ons kies om jou te inspireer, te bemoedig en uit te daag. Kies 'n tyd en die Bybelweergawe wat jy verkies, dan kry jy die Vers-van-die-dag, oral waar jy gaan.

As jy nie alreeds in jou gratis YouVersion-rekening aangeteken het nie, Teken nou aan.

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies Meer (≡), Vers-van-die-dag.
  2. Regs bo: Kies Instellings (rat-ikoon).
  3. Om net die teksvers van die Vers-van-die-dag te ontvang:
    Skakel daaglikse e-pos aan en/of Daaglikse "push" kennisgewing. Spesifiseer ook die tyd van die dag en Bybelweergawe wat jy verkies.
  4. Om die beeld van die Vers-van-die-dag, wat gedeel kan word te ontvang:
    Skakel daaglikse e-pos aan en/of daaglikse "push" kennisgewing. Spesifiseer die tyd van die dag en watter Bybelweergawe jy vir elkeen verkies.
Skakel Vers-van-die-dag af, as jy dit nie meer wil ontvang nie.

Bible.com:

  1. Regs bo: Kies Instellings (rat-ikoon).
  2. Links: Kies Vers-van-die-dag Intekeninge.
  3. Dui die Bybelweergawe aan wat jy wil ontvang en die tyd van die dag wanneer jy dit wil kry.
  4. Kies Skryf In.
As jy nie meer die Vers-van-die-dag wil kry nie, kanselleer jou intekening.

Jy kan ook die Vers-van-die-dag (en vorige dae s'n) op ons sosiale mediaplatforms vind:
Instagram
Facebook
Twitter
Pinterest
Ons bied ook daaglikse gebede aan op:
Instagram
Facebook

Verander jou wagwoord

As jy jou huidige wagwoord vir jou gratis YouVersion-rekening ken, sal hierdie proses jou help om dit te verander.

Indien jy nie jou huidige wagwoord onthou nie, gaan na Ek het my wagwoord vergeet in hierdie dokument.
As jy met Facebook, Google of Apple, op YouVersion Aanteken, is daar 'n ander wagwoord as die een vir jou gratis YouVersion-rekening. As jy 'n wagwoord van een van daardie rekeninge wil verander, volg die stappe wat vir daardie platform aangedui word:
Facebook: Hoe om jou Facebook wagwoord te verander
Google: Hoe om jou Google-rekening se wagwoord te verander
Apple: How om jou Apple ID wagwoord te verander

Voordat jy met die proses hieronder begin, Teken Aan by jou gratis YouVersion-rekening, as jy nie alreeds aangeteken het nie.

Android, iOS:

  1. Links onder: Kies Tuisblad.
  2. Regs bo: Kies jou Profielfoto (of voorletter).
  3. Regs bo: Kies of .
  4. Kies Verander Profiel.
  5. Android:
    Kies Verander Wagwoord.
    iOS:
    Kies Verander Wagwoord.
  6. Voer jou huidige wagwoord in die eerste spasie in.
  7. Voer jou nuwe wagwoord in die tweede spasie in.
    Wagwoorde is bewus van hoof- en kleinletters. Jou wagwoord moet tussen 6 en 32 karakters wees.
    Ons beveel aan dat jy 'n unieke wagwoord vir jou YouVersion-rekening skep. Ons stel ook voor dat jy jou wagwoord stoor waar jy dit maklik in die hande kan kry as jy dit nodig het. (oorweeg 'n wagwoord bestuurstelsel)
  8. Android:
    Kies Verander.
    iOS:
    Kies Stoor.
    Jou wagwoord is nou verander.

Bible.com:

  1. Regs bo: Kies Instellings (rat-ikoon).
  2. Links: Kies Verander Wagwoord.
  3. Voer jou huidige wagwoord in die eerste spasie in.
  4. Voer jou nuwe wagwoord in die tweede spasie in.
  5. Bevestig jou nuwe wagwoord in die derde spasie.
    Wagwoorde is bewus van hoof- en kleinletters. Jou wagwoord moet tussen 6 en 32 karakters wees.
    Ons beveel aan dat jy 'n unieke wagwoord vir jou YouVersion-rekening skep. Ons stel ook voor dat jy jou wagwoord stoor waar jy dit maklik in die hande kan kry as jy dit nodig het. (oorweeg 'n wagwoord bestuurstelsel)
  6. Kies Verander my wagwoord.
    Jou wagwoord is verander.

Indien jy jou wagwoord vergeet het

As jy aangeteken het deur middel van 'n e-posadres, sal die proses jou help om jou wagwoord vir jou gratis YouVersion-rekening te herstel. (aanbevole)

As jy aanteken by YouVersion, deur middel van Facebook, Google of Apple, het jy nie 'n aparte wagwoord nodig nie. As jy jou wagwoord vir daardie rekeninge wil herstel, moet jy die aanbevole proses vir daardie diens volg:
Facebook: Hoe om jou Facebook wagwoord te herstel
Google: Hoe om jou Google-rekening se wagwoord te herstel
Apple: Hoe om jou Apple ID se wagwoord te herstel

Voordat jy met die proses hier onder begin, Teken Uit van jou gratis YouVersion-rekening, as jy nie alreeds uitgeteken het nie.

Android, iOS:

  1. Links onder: Kies Tuisblad.
  2. Regs bo: Kies die Persoon-ikoon.
  3. Android:
    Onder: Kies Teken Aan.
    iOS:
    Bo: Kies Teken Aan.
  4. Kies Teken Aan/Gaan voort met e-pos.
  5. Kies Wagwoord Vergeet?
  6. Voer die E-posadres in wat met jou gratis YouVersion-rekening geassosieer word en kies Stuur.
    YouVersion stuur dan 'n e-pos na die adres wat jy gegee het, sodat jy jou wagwoord kan verander.
  7. Maak die e-pos oop en klik op Verander Wagwoord in die boodskap.
    Die skerm met "Verander My Wagwoord" verskyn dan.
    Dit kan 'n paar minute neem voordat jou e-pos ter bevestiging opdaag. Indien jy nie die e-pos ontvang wat die aksie bevestig nie, probeer die probleem oplos deur die volgende stappe te neem voordat jy verder gaan.
  8. Voer jou Nuwe Wagwoord in die eerste spasie in. Bevestig dan deur dit weer 'n keer in die tweede spasie in te voer en kies dan Verander My Wagwoord.
    Wagwoorde is bewus van hoof- en kleinletters. Jou wagwoord moet tussen 6 en 32 karakters wees.
    Ons beveel aan dat jy 'n unieke wagwoord vir jou YouVersion-rekening skep. Ons stel ook voor dat jy jou wagwoord stoor waar jy dit maklik in die hande kan kry as jy dit nodig het. (oorweeg 'n wagwoord bestuurstelsel)
  9. Sodra jy die Suksesvol boodskap sien:
    Nou kan jy Aanteken en jou nuwe wagwoord gebruik.

Bible.com:

  1. Regs bo: Kies Teken Aan.
  2. Onder: Kies Wagwoord vergeet?
  3. Voer die E-posadres of Gebruikersnaam in wat met jou gratis YouVersion-rekening geassosieer word en kies Stuur Nuwe Wagwoord.
    YouVersion stuur dan 'n "Verander Wagwoord" e-pos na die adres wat jy verskaf het.
  4. Maak die e-pos oop en klik op Verander Wagwoord in die boodskap.
    Die skerm met "Verander My Wagwoord" verskyn dan.
    Dit kan 'n paar minute neem voordat jou e-pos ter bevestiging opdaag. Indien jy nie die e-pos ontvang wat die aksie bevestig nie, probeer die probleem oplos deur die volgende stappe te neem voordat jy verder gaan.
  5. Voer jou Nuwe Wagwoord in die eerste spasie in. Bevestig dan deur dit weer 'n keer in die tweede spasie in te voer en kies dan Verander My Wagwoord.
    Wagwoorde is bewus van hoof- en kleinletters. Jou wagwoord moet tussen 6 en 32 karakters wees.
    Ons beveel aan dat jy 'n unieke wagwoord vir jou YouVersion-rekening skep. Ons stel ook voor dat jy jou wagwoord stoor waar jy dit maklik in die hande kan kry as jy dit nodig het. (oorweeg 'n wagwoord bestuurstelsel)
  6. Sodra jy die Suksesvol boodskap sien:
    Nou kan jy Aanteken en jou nuwe wagwoord gebruik.

Verander jou e-posadres

Die proses sal jou help om jou e-posadres te verander wat met jou gratis YouVersion-rekening geassosieer word, indien jy aangeteken is met daardie e-posadres.

As jy deur middel van Facebook, Google of Apple by jou YouVersion aanteken, sal daardie rekeninge hulle eie proses hê om jou e-posadres te verander wat met daardie rekening geassosieer word. As dit nodig is om die wagwoord vir een van daardie rekeninge te verander, moet jy die proses volg wat deur daardie platform aanbeveel word:
Facebook: Hoe om die e-posadres te verander wat met jou Facebook-rekening geassosieer word
Google: Hoe om die e-posadres te verander wat met jou Google-rekening geassosieer word
Apple: Hoe om jou Apple ID na 'n ander e-posadres te verander

As jy nie alreeds in jou gratis YouVersion-rekening aangeteken het nie, Teken nou aan.

Android, iOS:

  1. Links onder: Kies Tuisblad.
  2. Regs bo: Kies jou Profielfoto (of voorletter).
  3. Regs bo: Kies of .
  4. Kies Verander Profiel.
  5. Verander die Adres in die E-pos spasie, na die een wat jy nou wil gebruik.
  6. Android:
    Kies Stoor.
    iOS:
    Kies Stuur.
    YouVersion stuur dan 'n e-pos, ter bevestiging, na die adres wat jy so pas verskaf het.
  7. Gaan kyk by jou e-posse en klik op die skakel in die bevestigings-boodskap.
    Dit kan 'n paar minute neem voordat jou e-pos ter bevestiging opdaag. As jy dit nie kry nie, probeer die volgende probleemoplossings: Ek sien nie die YouVersion e-pos wat ek verwag het nie
Nadat jy jou e-posadres bevestig het, sal jy moet Uitteken en dan weer Aanteken voordat jou profielblad die nuwe e-pos sal vertoon.

Bible.com:

  1. Regs bo: Kies Instellings (rat-ikoon).
  2. Links: Kies Verander Wagwoord.
  3. Verander die Adres in die E-pos spasie, na die een wat jy nou wil gebruik.
  4. Kies Verander E-posadres.
    YouVersion stuur dan 'n e-pos, ter bevestiging, na die adres wat jy so pas verskaf het.
  5. Gaan kyk by jou e-posse en klik op die skakel in die bevestigings-boodskap.
    Dit kan 'n paar minute neem voordat jou e-pos ter bevestiging opdaag. As jy dit nie kry nie, probeer die volgende probleemoplossings: Ek sien nie die YouVersion e-pos wat ek verwag het nie
Nadat jy jou e-posadres bevestig het, sal jy moet Uitteken en dan weer Aanteken voordat jou profielskerm jou veranderde adres gaan wys.

Verwyder die Bybeltoep

Android:

  1. Maak die Toepwinkel op jou toestel oop.
  2. Kies die soekblokkie.
  3. Soek vir YouVersion.
  4. Kies die ikoon vir Die Bybeltoep deur Life.Church.
  5. Kies Verwyder.

Kyk op Google se Android webwerf vir meer besonderhede

iOS:

  1. Tuisskerm: Druk en hou die Bybeltoep ikoon in.
  2. Kies Verwyder Toep.
  3. Kies Wis Toep Uit en kies dan Verwyder om te bevestig.

Kyk op Apple se Ondersteuningswebwerf vir meer besonderhede


Sluit jou gratis YouVersion-rekening

Ons is jammer dat jy ons verlaat. Al verkies jy om jou rekening te sluit, hoop ons regtig dat jy ander maniere sal vind op God elke dag op te soek.

Wanneer jy jou rekening sluit, word al jou gebede, leesplanrekords, kentekens, versbeelde, kleurmerke, boekmerke, notas en vriende se aktiwiteite, soos kommentaar en hou van's permanent uitgeveealles in jou YouVersion-rekening. As jy hierdie proses voltooi het, kan jy geeneen van daardie items weer terugkry nie.
Jy kan nie jou gratis YouVersion-rekening vanuit die toep sluit nie. Jy kan dit slegs vanuit Bible.com doen:
  1. Gaan na Bible.com in jou webblaaier.
  2. Regs bo: Kies Teken Aan.
  3. Teken aan met die besonderhede van die rekening wat jy wil sluit:
    E-posadres en wagwoord of Facebook, Google en Apple.
    So moet jy aanteken
  4. Regs bo: Kies jou Profielfoto (of voorletter).
  5. Links: Kies Sluit Rekening.
  6. Voer jou Wagwoord in.
  7. Kies Sluit my YouVersion-rekening.
    Jou YouVersion-rekening word permanent toegemaak, insluitende al die aktiwiteite en data wat met jou rekening geassosieer word.


Hoe het ons gevaar?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)