Vriende

Oorsig

Kom ons dink aan maniere om mekaar aan te moedig tot dade van liefde en goeie werke. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan.

Hebreërs 10:24-25

Die Bybel herinner ons oor en oor dat ons verhoudinge nodig het met mense wat ons kan vertrou. Jy het goeie vriende nodig wat jou sal bemoedig, inspireer, uitdaag, liefhê en vir jou bid. Hulle het nodig dat jy dieselfde vir hulle sal doen.


Voeg vriende by

Jy kan tot 250 vriende in die Bybeltoep hê.

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer)Vriende.
  2. As jy enige Vriendversoeke het:
  • Kies Aanvaar by diegene met wie jy vriende wil wees.
  • Kies Ignoreer by diegene wat jy nie wil aanvaar nie.
  1. Bo: Kies Voeg Vriende by. Die skerm Voeg Vriende By bied jou vier maniere om nuwe vriende by te voeg:
    1. Soek na jou vriende wat 'n YouVersion-rekening het.
      1. Kies 🔍, tik die naam van 'n vriend, of 'n gedeelte van hul naam, en druk op Soek.
      2. Kies Voeg By langs die vriende by wie jy in die Bybeltoep wil aansluit.
      • Hulle sal jou versoek in hul Vriendversoeke sien.
    2. Nooi vriende uit die Kontakte op jou toestel.
      1. Kies Kontakte of Verbind met Kontakte.
        Die Bybeltoep het eers toegang tot jou Kontakte nodig en mag toegang daarna versoek.
      2. Kies Voeg By langs die vriende by wie jy in die Bybeltoep wil aansluit.
      • Indien hulle 'n gratis YouVersion-rekening het sal hulle jou versoek in hul Vriendversoeke sien.
      • As hulle nie 'n rekening het nie, sal die Bybeltoep 'n uitnodiging met 'n skakel na hulle stuur.
    3. Nooi vriende uit jou Facebook-rekening.
      1. KiesFacebook of Verbind met Vriende langs die Facebook-embleem.
        Jy kan 'n naam kies en na hul profiel kyk om seker te maak dat jy jou versoek aan die regte persoon stuur.
      2. Volg die aanwysings.
    4. Versoek vriendskappe van mense op jou Voorgestelde Vriendelys.
      1. Kies Voeg By langs die vriende by wie jy in die Bybeltoep wil aansluit.

Bible.com:

  1. Bo regs: Kies jou Profielfoto of Eerste voorletter, dan Vriende.
  2. As jy enige Vriendversoeke het:
  • Kies Aanvaar by diegene met wie jy vriende wil wees.
  • Kies Ignoreer by diegene wat jy nie wil aanvaar nie.
  1. Kies Soek volgens naam, tik 'n vriend se naam, of 'n gedeelte van hul naam, en kies Soek vriende.
  2. Kies Voeg By langs die vriende by wie jy in die Bybeltoep wil aansluit.

Aanvaar of Ignoreer 'n Vriendversoek

Jy kan tot 250 vriende in die Bybeltoep hê.
  1. Android, iOS:
    Regs onder: Kies ≡ (Meer)Vriende.
    Bible.com:
    Regs bo: Kies jou Profielfoto of Eerste voorletter, dan Vriende.
  2. As jy enige Vriendversoeke het:
  • Kies Aanvaar by diegene met wie jy vriende wil wees.
  • Kies Weier by diegene wat jy nie wil aanvaar nie.

Gaan jou vriende se Bybelaktiwiteite na

Die tuisskerm vertoon onlangse aktiwiteite van jou en jou vriende in die Bybeltoep. (iOS verdeel hierdie aktiwiteit in twee oortjies: vir jou en die gemeenskap.) Aktiwiteite van jou vriende — soos om 'n leesplan te begin, 'n Bybelgedeelte te kleurmerk, 'n versbeeld te skep, ens. — word op individuele kaarte in jou tuisvoer vertoon. Jy kan op hierdie kaarte reageer, deur van jou vriende se aktiwiteit te hou of hulle met kommentaar aan te moedig, ens.

Druk onderaan op ♥, om van 'n vriend se aktiwiteit te hou.

Plaas 'n Kommentaar

  1. Android,iOS:
    Kies die Kommentaarikoon ('n kletsborrel).
    Bible.com:
    Kies die Kommentaarblokkie.
  2. Tik jou kommentaar in.
  3. Android, iOS:
    Kies die Stuurikoon ('n papiervliegtuigie).
    Bible.com:
    Druk die Invoersleutel op jou sleutelbord.

Wis 'n Kommentaar uit

Jy kan enige Kommentaar wat jy geplaas het, uitwis en jy kan kommentare wat op jou Bybelaktiwiteit gemaak is, uitwis (soos kleurmerke, boekmerke, versbeelde, ens.).

Jy kan nie 'n kommentaar uitwis wat 'n vriend oor jou leesplanaktiwiteit gelewer het nie.
  1. Soek die Kommentaar wat jy wil uitwis.
  2. Android:
    Druk-en-hou-in op die Kommentaar.
    iOS:
    Vee links oor die Kommentaar, kies dan Verwyder.
    Bible.com:
    Kies Verwyder onder die Kommentaar.

Verander Vriende se Kennisgewings

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer)Instellings, Kennisgewinginstellings, dan E-pos Kennisgewings of "Push" Kennisgewings.
  2. In die Vriende-gedeelte, kan jy elke Vriend Gebeurtenis Aan of Af stel, soos verlang.
  3. Links bo: Kies of <.
  4. Kies "Push" Kennisgewings of E-pos Kennisgewings, afhangende van wat jy nie in Stap 1 gekies het nie.
  5. In die Vriende-gedeelte, kan jy elke Vriend Gebeurtenis Aan of Af stel, soos verlang.

Bible.com:

  1. Regs bo: Kies jou Profielfoto of Eerste voorletter, dan Instellings.
  2. Links: Kies Kennisgewings.
  3. Kies regmerkies om elk van die volgende Aan of Af te skakel, soos jy verkies:
  • Stel my in kennis van vriende se aktiwiteite
  • Stel my in kennis as 'n kontak aansluit
  • Stel my in kennis van kommentare oor my aktiwiteite
  • Stel my in kennis as my aktiwiteite as hou van gemerk word
  • Stel my in kennis van vriendversoeke
  1. Onder: Wanneer jy jou kennisgewings klaar aangepas het, kies dan Dateer Kennisgewings Op.

Verwyder 'n vriend

Android:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer)Vriende.
  2. Kies die vriend wat jy wil verwyder.
  3. Regs bo: Kies,Verwyder as vriend.
  4. Kies Verwyder as Vriend om hierdie vriend te verwyder.
    OF
    Kies Kanselleer om terug te gaan.

iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer)Vriende.
  2. Regs bo: Kies Wysig.
  3. Kies die ⊖ (groot minus-knoppie) langs die vriend wat jy wil verwyder.
  4. Kies Verwyder as Vriend om hierdie vriend te verwyder.
    OF
    Kies Kanselleer om terug te gaan.
  5. Regs bo: Wanneer jy klaar is met die verwydering van vriende, kies Klaar.

Bible.com:

  1. Regs bo: Kies jou Profielfoto of Eerste voorletter, dan Vriende.
  2. Blaai af na jou vriendelys.
  3. Soek die vriend wat jy wil verwyder.
    Onder: Jy sal moontlik Laai meer moet kies om die vriend wat jy soek op te spoor.
  4. Onder elke vriend se naam staan die woord "Vriende".
    Beweeg die muis oor die woord, en dit verander na die skakel, "Verwyder vriend."
  5. Kies Verwyder vriend.

Blokkeer 'n gebruiker

Wanneer jy 'n gebruiker blokkeer, sal die persoon nie weet dat jy dit gedoen het nie, en sal nie weer 'n vriendversoek aan jou kan stuur nie.

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer)Vriende.
  2. Kies 🔍.
  3. Tik die naam van die persoon wat jy wil blokkeer, of 'n gedeelte van die naam, en druk op Soek.
  4. Spoor die persoon wat jy wil blokkeer op, en kies die naam. Die persoon se profiel verskyn.
  5. Regs bo: Kies of ..., dan Blokkeer.
  6. Kies Blokkeer om die gebruiker te blokkeer.
    OF
    Kies Kanselleer om terug te keer.
Bible.com bied nie die opsie om 'n gebruiker te blokkeer nie.

Ontblok 'n gebruiker

'n Gebruiker wat jy ontblok, sal nie 'n kennisgewing daarvan ontvang nie. Hulle sal vriendskapversoeke aan jou kan stuur, en jy kan hulle uitnooi om vriende te wees.

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer)Vriende.
  2. Kies 🔍.
  3. Tik die naam van die persoon wat jy wil ontblok, of 'n gedeelte van die naam, en druk op Soek.
  4. Spoor die persoon wat jy wil ontblok op, en kies die naam. Die persoon se profiel verskyn.
  5. Kies Ontblok.
Bible.com bied nie die opsie om 'n gebruiker te ontblok nie.

Rapporteer 'n Gebruiker

Rapportering is anoniem. Wanneer jy 'n gebruiker rapporteer, sal die persoon nie daarvan weet nie.

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer)Vriende.
  2. Kies 🔍.
  3. Tik die naam van die persoon wat jy wil rapporteer, of 'n gedeelte van die naam, en druk op Soek.
  4. Spoor die persoon wat jy wil rapporteer op, en kies die naam. Die persoon se profiel verskyn.
  5. Regs bo: Kies of ..., dan Rapporteer die Gebruiker.
  6. Kies 'n Rede waarom jy hierdie gebruiker rapporteer.
    YouVersion se Gemeenskapshulpverlening sal 'n kennisgewing kry en die gerapporteerde rekening volgens die gegewe rede ondersoek.
    OF
    Kies X om terug te keer.
Bible.com bied nie die opsie om 'n gebruiker te rapporteer nie.

Privaatheid vir Bybeltoep-vriendskappe

Hierdie afdeling handel spesifiek oor jou privaatheid met betrekking tot jou YouVersion Vriende. Verwys na YouVersion se privaatheidsbeleid vir meer besonderhede.

NIEMAND anders as jy kan die volgende sien nie:

  • Jou Boekmerke se titels en Etikette
  • Notas wat jy as Privaat of Konsep gemerk het
  • Jou aktiwiteit in Leesplanne wat jy Op My Eie begin het
  • Jou aktiwiteit in Leesplanne waarvan jy Instellings as Privaatheid > Privaat gemerk het
    Jy kan Leesplan-instellings nagaan onder Leesplanne, My Leesplanne, kies 'n Leesplan, ⋮ of ⋯, Instellings.

SLEGS mense wat op jou YouVersion se vriendelys is, kan die volgende sien:

  • Jou YouVersion-profiel
  • Jou YouVersion vriendelys
  • Jou boekmerke, kleurmerke, en versbeelde, sowel as Kommentare en Hou van-merke
  • Notas wat jy as Slegs Vriende of Openbaar gemerk het
  • Jou aktiwiteit in Leesplanne wat jy as Op My Eie begin het
  • Jou aktiwiteit in Leesplanne wat jy by Instellings as Privaat: Slegs Vriende gemerk het

Mense wat NIE op jou YouVersion se vriendelys is nie KAN NIE die volgende sien nie:

  • Jou boekmerke, kleurmerke, en versbeelde, sowel as Kommentare en Hou van-merke

ENIGIEMAND op YouVersion KAN die volgende sien:

  • Notas wat jy as Openbaar gemerk het
  • Die naam en beeld op jou YouVersion-profiel (sodat vriende jou in 'n soektog kan kry)
    Indien jy jou privaatheid wil verhoog:
    - Gebruik 'n bynaam wat slegs jou vriende ken
    - Moenie 'n foto van jouself by jou profiel gebruik nie
    Natuurlik kan mense items sien wat jy op ander platforms plaas (soos op sosiale media) en dit is dan buite die beheer van YouVersion.

Boekmerke, kleurmerke, en versbeelde bied geen private instellings nie.


Hoe het ons gevaar?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)