Die Lees-oortjie

Opgedateer 21/2/24 deur Geoff Hensley

Die Lees-oortjie is waar jy die Bybel lees of daarna luister in die Bybeltoep. Daar kan jy enige boek, hoofstuk of vers in die Bybel opsoek en 'n keuse maak uit duisende Bybelweergawes, in meer as 1 500 tale.


Skakel oor na 'n ander Bybelweergawe of Taal

Android, iOS:

  1. Kies die Leser as jy nie alreeds daar is nie.
  2. Bo: Kies die Bybelweergawe se afkorting langs die huidige Bybelhoofstuk se verwysing.
    As jy die afkorting van die Bybelweergawe ken, kies 🔍 (regs bo), en tik dit in die soek spasie.
  3. As jy die taal wil verander, kies Taal.
    Voorstel wys die tale wat jy onlangs gebruik het asook die gewildste tale. Almal wys al YouVersion se beskikbare tale in alfabetiese volgorde.
    Om direk na 'n spesifieke taal te gaan, kies 🔍 (regs bo) en tik die taal in.
  4. Blaai na die Taal wat jy soek, en kies dit.
    Die Bybelweergawes wat YouVersion in jou taal beskikbaar stel, word gerangskik volgens onlangse gebruik en dan in alfabetiese volgorde. 'n Luidspreker-ikoon dui aan wanneer die weergawe in klank beskikbaar is. Laai Af dui aan dat die weergawe vanlyn beskikbaar is. 'n Regmerk dui aan dat jy alreeds die Bybelweergawe afgelaai het.
    Hoe om Bybelweergawes af te laai
  5. Kies die Bybelweergawe wat jy wil gebruik.

Bible.com:

  1. Kies die Leser as jy nie alreeds daar is nie.
  2. Middel bo: Kies die Bybelweergawe se afkorting langsaan die huidige Bybelverwysing.
    Die afkortingsveld is 'n soekveld. As jy die naam of afkorting weet van die weergawe wat jy soek, verwyder die bestaande afkorting en tik joune daar in.
  3. As jy van taal wil verwissel, kies Verander Taal.
    Vir elke taal in die Bybeltoep is daar 'n alfabetiese lys van Bybels.
    Om direk na 'n spesifieke taal te gaan, tik die naam in die Filtreer Tale veld.
  4. Blaai na die Taal wat jy soek, en kies dit.
    Die Bybelweergawes wat YouVersion in jou taal beskikbaar stel, word gerangskik volgens onlangse gebruik en dan in alfabetiese volgorde. 'n Luidspreker-ikoon dui aan wanneer die weergawe in klank beskikbaar is.
  5. Kies die Bybelweergawe wat jy wil gebruik.

Gaan na 'n ander Bybelboek

Android, iOS:

  1. Kies die Leser as jy nie alreeds daar is nie.
  2. Bo: Kies die huidige Bybelverwysing.
  3. Blaai op of af na die Boek van die Bybel wat jy soek en kies dit.
    Boeke verskyn in dieselfde volgorde as in 'n gedrukte Bybel.
    Regs bo: Geskiedenis vertoon die mees onlangse gedeeltes waar jy was.
    Android:
    Regs bo: AZ wissel tussen Tradisionele en Alfabetiese volgorde.
    iOS:
    Onder: Verskillende oortjies vir Tradisionele en Alfabetiese volgorde.
  4. Kies die Hoofstuk wat jy in daardie boek soek.
  5. Android:
    Kies die Vers wat jy in daardie hoofstuk soek.

Bible.com:

  1. Kies die Leser as jy nie alreeds daar is nie.
  2. Bo: Kies die huidige Bybelverwysing.
  3. Blaai op of af na die Boek van die Bybel wat jy soek en kies dit.
    Boeke verskyn in dieselfde volgorde as in 'n gedrukte Bybel.
  4. Kies die Hoofstuk wat jy in daardie boek soek.

Luister na 'n Klankbybel

Android, iOS:

  1. Kies die Leser as jy nie alreeds daar is nie.
  2. Regs bo: Kies die luidspreker-ikoon.
    Daar is kontroles vir speel, vorentoe, agtertoe en meer.
    As jy nie 'n luidspreker-ikoon sien nie, blaai effens hoër. As jy dit nog steeds nie sien nie, het daardie Bybelweergawe nie 'n klankweergawe nie. Probeer 'n ander weergawe.
  3. Kies Speel om te luister en Pouseer om te stop.
    Om die speelkontrole te sien as klank beskikbaar is, kies Wys Kontroles. (Om die altyd-aan speelknoppie af te skakel, kies Versteek Kontroles.)
    Bo-aan die klank kontroleblok: Om die kontroles te versteek, vee die Pyltjie af.
    Regs bo: Om die kontroles weer te vertoon, kies weer die Luidspreker-ikoon.

Bible.com:

  1. Kies die Leser as jy nie alreeds daar is nie.
  2. Regs bo: Kies die luidspreker-ikoon.
    Daar is kontroles vir speel, vorentoe, agtertoe en meer.
    As jy nie 'n luidspreker-ikoon sien nie, het die Bybelweergawe wat jy gekies het, nie 'n klankweergawe nie. Probeer 'n ander weergawe.
  3. Kies Speel om te luister en Pouseer om te stop.
    Regs bo: Wissel tussen vertoon of versteek die klankkontroles, deur die Luidspreker-ikoon te kies.

Laai Bybelweergawes af om vanlyn te lees

Lees die Bybel waar jy ook al is, selfs as jy nie aanlyn kan kom nie.

YouVersion is bevoorreg om duisende Bybelweergawes, in meer as 1 500 tale, gratis aan te bied. Elke Bybel wat ons bied, is altyd beskikbaar deur middel van 'n internetverbinding. Danksy die vrygewigheid van verskeie Bybeluitgewers, kan jy ook baie weergawes aflaai op jou mobiele toestel, vir vanlyn gebruik.

Nie alle Bybelweergawes kan afgelaai word nie.
Bybels wat afgelaai is, bevat slegs teks en nie klank nie.
Voordat jy 'n Bybel aflaai, maak seker van die datakostes van jou verskaffer, as dit van toepassing is.

Android, iOS:

  1. Maak seker dat jou mobiele toestel 'n sterk internetverbinding het.
    Ons beveel Wi-Fi aan.
  2. Maak seker dat jy eers in die toep Aanteken.
  3. Kies die Leser as jy nie alreeds daar is nie.
  4. Bo: Kies die Bybelweergawe se afkorting langsaan die huidige Bybelverwysing.
    Die Bybelweergawes wat YouVersion in die taal beskikbaar stel wat jy tans gekies het, word as volg gerangskik: mees onlangse eerste en dan alfabeties. Laai Af dui aan dat die weergawe vanlyn beskikbaar is. 'n Regmerk dui aan dat jy alreeds daardie Bybelweergawe afgelaai het.
  5. Blaai aan na die Bybel wat jy soek en kies langsaan Laai Af.
  6. Volg die aanduidings van die Bybeluitgewer, indien van toepassing.
  7. Nadat jy al die Bybels afgelaai het wat jy wou, kies (Android) of Klaar (iOS).

 

Hoe om afgelaaide Bybelweergawes te verwyder

Bybels is nie vanlyn beskikbaar in Bible.com nie.

Verwyder afgelaaide Bybelweergawe(s)

Alhoewel afgelaaide Bybelweergawes baie min spasie gebruik, mag jy dalk af en toe van hulle wil verwyder om spasie te maak, of om 'n probleem op te los.

Android:

  1. Kies Meer (≡), Instellings, Bestuur Vanlyn Weergawes.
    Bybels wat jy afgelaai het word gelys en jy kan sien waar dit op jou toestel gestoor is (eksterne of interne stoorplek).
  2. Kies langs die Bybel wat jy wil verwyder eksterne of interne stoorplek en dan Wis uit.

iOS:

  1. Kies die Leser as jy nie alreeds daar is nie.
  2. Bo: Kies die Bybelweergawe se afkorting langsaan die huidige Bybelverwysing.
    Die Bybelweergawes wat YouVersion in jou taal beskikbaar stel, word gerangskik volgens onlangse gebruik en dan in alfabetiese volgorde. Regmerke dui Bybelweergawes aan wat jy afgelaai het.
  3. Vee links op die Bybel wat jy wil verwyder en dan Wis uit.

 

Bybels is nie vanlyn beskikbaar in Bible.com nie.

Soekfunksie in die Bybeltoep

Ontdek. Kry meer van wat jy soek.

Die Ontdek-oortjie laat jou toe om maklik video's met Bybellering van onlangse Vers-van-die-dag Stories te soek, deur Gewilde Leesplanne en video's te blaai, en nog baie meer. Ontdek laat jou ook toe om 'n volledige soektog te doen in al die inhoud wat YouVersieon bied — Bybeltekste, Versbeelde, Leesplandae, Bybelonderrig op video, en nog meer. Soek na inhoud van jou gunsteling predikers en Bybelleraars. Soek op grond van sleutelwoorde, soos emosies. Sien selfs verpersoonlikte voorstelle op grond van die inhoud waarvan jy die meeste hou.

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies Ontdek, as jy nog nie daar is nie.
  2. Bo: Druk op die woord Soek.
  3. Begin tik waarvoor jy soek.
    Terwyl jy tik, sal Ontdek voorstelle maak en verwante inhoud vertoon, soos Bybelverse, Versbeelde, Bybellering op video, Leesplanne en meer.
  4. Tik klaar en kies dan 🔍 (Android) of Soek (iOS).
    OF
    Jy kan enige tyd een van die voorgestelde resultate kies.
    Maak seker dat jy Aanteken met jou gratis YouVersion-rekening, om sodoende die beste resultate te kry.
    Om na Emosies, of spesifiek na Leesplanne, Video's, of Beelde, te soek, blaai na onder.

Bible.com:

  1. Middel bo: Kies Soek.
  2. Tik waarvoor jy soek en kies dan 🔍.
  3. Links: Jy kan kies uit Die Bybel,Gebruikers of Leesplanne.

Vergelyk Bybelweergawes of kyk na parallelle weergawes

Om na verskeie Bybelweergawes van Skrifgedeeltes te kyk, kan jou help om dit beter te verstaan, jou 'n ander perspektief gee en selfs help om jou dinge te laat sien wat jy nie voorheen raakgesien het nie. Vergelyk Bybelweergawes vertoon hierdie vergelykings in 'n lys. In Parallelle Modus kan jy langer Skrifgedeeltes bekyk, twee weergawes tegelykertyd, en hulle rug-aan-rug vergelyk.

Vergelyk Bybelweergawes

Android, iOS:

  1. Kies die Leser as jy nie alreeds daar is nie.
  2. Kies elke vers wat jy wil vergelyk.
    Die gekose vers(e) word met kolletjies onderstreep en 'n kieslys verskyn onderaan die skerm.
  3. Kies Vergelyk.
    Die vers(e) wat jy gemerk het vertoon in die Bybelweergawes wat jy gekies het.
    Uit hierdie lys kan jy die
    Volgorde verander:
    1. Regs bo: Kies die Stapel-ikoon (Android) of Redigeer (iOS).
    2. Druk en hou op 'n weergawe en trek dit waar jy dit in die lys wil hê.

    Verwyder Weergawes:
    1. Links: Kies die rooi minus langs die weergawe.

    Voeg weergawe by:
    1. Onder: Kies die plusteken (+).
  4. Regs bo: As jy die lys klaar herrangskik het, kies (Android) of Klaar (iOS).
  5. Links bo: Om terug te keer na die Bybelleser, kies (Android) of Maak toe (iOS).

Kyk na weergawes in parallelle modus

iPhone, iPad:

  1. Stel jou toestel op Landskap modus.
  2. Kies die Leser as jy nie alreeds daar is nie.
  3. Regs bo: Kies die parallelle modus ikoon.
    In landskap modus sal die ikoon regs bo jou help om tussen parallelle modus en enkelaansig in die Bybelleser te wissel.
    iPhone:
    Jy kan na enkelaansig verander deur jou toestel terug te draai na die portret posisie.
  4. Bo: Kies die twee Bybelweergawes wat jy wil vergelyk, een aan elke kant van die huidige Bybelverwysing.
    Hoe om 'n Bybelweergawe te kies

Bible.com:

  1. Kies die Leser as jy nie alreeds daar is nie.
  2. Regs bo: Kies Parallel.
  3. Bo: Kies die twee Bybelweergawes wat jy wil vergelyk.
    Hoe om Bybelweergawes te kies
  4. Regs bo: Om na enkelaansig terug te keer, kies Verlaat Parallelle Modus.

 

Parallelle modus is beskikbaar in landskap modus op Android tablette.


Hoe het ons gevaar?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)