Redding
Bybelverse
Bybelplanne
Gebed
God, ek erken dat ek nie sonder U deur die lewe kan gaan nie. Ek het U nodig, en ek wil hê U moet my verander. Vergewe my asseblief vir al die foute wat ek gemaak het. Neem die skuldgevoelens en skaamte weg wat ek gedra het, en maak my splinternuut. Ek glo dat Jesus vir my gesterf het en weer opgestaan het sodat ek vir U – en met U – kan lewe. Vul my dus asseblief met u Heilige Gees, en maak my gretig om U vir die res van my lewe te dien en te volg.
Vandag is my lewe nie meer my eie nie—ek gee dit aan U. Ek aanvaar U gratis geskenk van verlossing en ek verwelkom U in my daaglikse lewe. Dankie dat U my verander het!
In Jesus se naam, Amen.