Huwelik
Bybelverse
Bybelplanne
Om Doelbewustelik in Jou Huwelik te Wees
Gebed vir die Huwelik
Hemelse Vader, dankie dat U omgee vir ons huwelike. Ons weet dat die huwelik 'n geskenk van U is, maar soms voel dit asof hierdie geskenk onder aanval is.
So as ons huwelik verkrummel, maak dit asseblief reg. As dit sterk is, versterk dit asseblief. As dit onherstelbaar lyk, herbou dit asseblief. Gee ons die krag en nederigheid om versoening en vergifnis te soek, en as ons 'n onreg wat ons aangedoen is, moet vergewe, help ons om dit met genade en vriendelikheid te doen.
Help ons om ons eggenote vanuit U perspektief te sien: as mense vir wie U lief is en vir wie U gesterf het. En help ons te alle tye om hulle te behandel soos U ons behandel – met nederigheid, respek en opofferende liefde.
Herstel, versterk en beskerm ons huwelike tot eer van u Naam. Ons vertrou U—want ons weet dat met U alle dinge moontlik is.
In Jesus se naam, Amen.