Notas, boekmerke, kleurmerke, deel en versbeelde

Notas

Wanneer jy gedeeltes lees of daarna luister en jy idees of gevoelens wil neerskryf, is Notas 'n ideale plek, want dis direk aan 'n spesifieke Bybelteks gekoppel. Jy kan jou gedagtes privaat hou, net vir eie gebruik (die oorspronklike opsie), of deel sodat vriende dit kan sien.

Voeg 'n nota by

Android, iOS, Bible.com:

  1. Kies die Leser as jy nie alreeds daar is nie.
  2. Spoor die Bybelvers(e) op waarby jy 'n nota wil voeg.
  3. Kies elke Bybelvers wat jy aan jou nota wil koppel. 'n Stippellyn verskyn onder elke vers wat jy kies. 'n Opsielys verskyn daaronder, met kleurmerkers vir elke opsie.
  4. Kies Nota uit die opsielys.
    Die oorspronklike instelling vir notas, is Privaat. Jy kan wel jou nota vir jou vriende sigbaar maak, of vir enigeen (Openbaar).
    Bible.com:
    Jy kan ook die nota as 'n konsep merk.
    Android, iOS:
    Jy kan ekstra verse aan jou nota koppel.
    Jy kan 'n Kleurmerk byvoeg om verse te merk wat met jou nota verband hou. Vee links om nog kleure te sien. Om 'n pasgemaakte kleur te kies, vee na ⋯ en kies dit.
  5. Onder: Kies die teksveld, en tik die inhoud van jou nota.
  6. Regs bo: Kies Stoor om jou nota te behou.
    OF
    Bo: Kies ← (Android) of Kanselleer (iOS) of X (Bible.com) om na die Bybelleser terug te keer sonder om te stoor.
    In die Bybelleser word notas aangedui met 'n raam om die versnommer. Kies die versnommer met die raam om, om die nota oop te maak.

Kyk na jou notas

In die Bybelleser sal jy notas sien met 'n raam om die versnommer. Enige tyd wanneer jy hierdie raam sien, kan jy dit kies om die nota oop te maak. Met die onderstaande prosedures kan jy al jou notas in een gerieflike lys sien.

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer), Notas. Al jou notas verskyn, van nuutste tot oudste.

Bible.com:

  1. Bo regs: Kies jou Profielfoto of Eerste voorletter, dan Notas. Al jou notas verskyn, van nuutste tot oudste.

Verander 'n nota

Notas kan nie op Bible.com gewysig word nie.

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer), Notas.
  2. Spoor die nota op wat jy wil verander.
  3. Kies  (Android) of  (iOS), regs onder in die notakaart en dan Verander.
  4. Bring die nodige veranderinge aan:
    1. Bo: Kies of die nota Privaat, sigbaar vir vriende, of sigbaar vir enigiemand (Openbaar) moet wees.
      Jy kan ekstra verse aan jou nota koppel, en selfs 'n kleurmerk kies om verse wat daarmee verband hou te merk.
    2. Onder: Kies die teksveld om die inhoud van jou nota te verander.
  5. Regs bo: Kies Stoor om jou nota te behou.
    OF
    Links bo: Kies Kanselleer om na die Bybelleser terug te keer sonder om te stoor.

Wis 'n nota uit

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer), Notas.
  2. Spoor die nota op wat jy wil uitwis.
  3. Kies regs onder in die notakaart  (Android) of  (iOS), dan Wis uit.

Bible.com:

  1. Bo regs: Kies jou Profielfoto of Eerste voorletter, dan Notas.
  2. Spoor die nota op wat jy wil uitwis.
  3. Kies regs onder die nota wat jy wil uitwis by Nog Meer, dan Wis uit.

Kleurmerke

As 'n Bybelgedeelte 'n indruk op jou maak, is kleurmerke 'n uitstekende manier om jou aan die belangrikheid daarvan te herinner. Kleurmerke beklemtoon Bybelverse in kleure wat dit laat uitstaan sodat jy dit later maklik kan raaksien.

Kleurmerk 'n Bybelgedeelte

  1. Kies Lees, indien dit nie reeds gekies is nie.
  2. Spoor die Bybelvers(e) op wat jy wil kleurmerk.
  3. Kies elke vers wat jy wil kleurmerk deur daarop te druk (Android, iOS) of deur êrens daarop te klik (Bible.com). 'n Stippellyn verskyn onder elke vers wat jy kies. 'n Opsielys verskyn daaronder, met kleurmerkers vir elke opsie.
  4. Kies die kleur wat jy wil gebruik.
    Vee links om nog kleure te sien. Om 'n pasgemaakte kleur te kies, vee na ⋯ en kies dit.

Kyk na jou kleurmerke

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer), Kleurmerke. Al jou kleurmerke word van nuutste tot oudste gelys.

Bible.com:

  1. Bo regs: Kies jou Profielfoto of Eerste voorletter, dan Kleurmerke. Al jou notas verskyn, van nuutste tot oudste.

Verander 'n kleurmerk na 'n ander kleur

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer), dan Kleurmerke.
  2. Spoor die kleurmerk op wat jy wil verander.
  3. Kies regs onder die kleurmerk wat jy wil verander, die  (Android) of  (iOS), dan Verander.
  4. Onder: Kies die nuwe kleur wat jy wil gebruik.
    Vee links om nog kleure te sien. Om 'n pasgemaakte kleur te kies, vee na ⋯ en kies dit.

Bible.com:

  1. Bo regs: Kies jou Profielfoto of Eerste voorletter, dan Kleurmerke.
  2. Spoor die kleurmerk op wat jy wil verander.
  3. Kies regs onder die kleurmerk wat jy wil verander by Nog Meer, Lees in die Bybel.
  4. Regs onder die teksgedeelte, kies , Lees die Hele Hoofstuk.
  5. Soek die kleurmerk wat jy wil verander, en kies dit.
  6. Onder: Kies die nuwe kleur wat jy wil gebruik.
    Vee links om nog kleure te sien. Om 'n pasgemaakte kleur te kies, vee na ⋯ en kies dit.
    Jy kan ook 'n kleurmerk direk in die Bybelteks verander waar dit voorkom. Kies eenvoudig enige vers(e) wat gekleurmerk is, kies dan die kleur wat jy verkies.

Wis 'n kleurmerk uit

As die kleurmerk uitgewis word, sal die vers(e) self nie uitgewis word nie. Dit wis slegs die kleurmerk uit.

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer), dan Kleurmerke.
  2. Spoor die kleurmerk op wat jy wil uitwis.
  3. Kies regs onder die kleurmerk wat jy wil uitwis, klik op die  (Android) of  (iOS), dan Wis uit.
Jy kan ook 'n kleurmerk direk in die Bybelteks uitwis waar dit voorkom. Kies eenvoudig die gekleurmerkte vers(e), kies dan die huidige kleur met die X in die middel.

Bible.com:

  1. Bo regs: Kies jou Profielfoto of Eerste voorletter, dan Kleurmerke.
  2. Spoor die kleurmerk op wat jy wil uitwis.
  3. Kies regs onder die kleurmerk wat jy wil uitwis, Nog Meer, dan Wis uit.
Jy kan ook 'n kleurmerk direk in die Bybelteks uitwis waar dit voorkom. Kies eenvoudig die gekleurmerkte vers(e), kies dan die huidige kleur met die X in die middel.

Boekmerke

As jy 'n Bybelgedeelte ontdek waarheen jy herhaaldelik wil terugkeer, kan jy dit met 'n Boekmerk merk. Omdat jy etikette aan boekmerke kan toeken, is dit 'n ideale manier om Bybelgedeeltes vir spesifieke doeleindes in kategorieë te rangskik, soos verse wat jy wil memoriseer, of wat jy handig wil hê vir 'n Bybelstudie-byeenkoms, of gedeeltes wat jy wil stoor uit 'n preek waarna jy luister, ens.

Wanneer jy 'n gedeelte boekmerk, is dit net beskikbaar in die Bybelweergawe waarin jy dit merk.

Boekmerk 'n Bybelgedeelte

  1. Kies Lees, indien dit nie reeds gekies is nie.
  2. Spoor die Bybelvers(e) op wat jy wil boekmerk.
  3. Kies elke vers wat jy wil boekmerk deur daarop te druk (Android, iOS) of deur êrens daarop te klik (Bible.com). 'n Stippellyn verskyn onder elke vers wat jy kies. 'n Opsielys verskyn daaronder, met kleurmerkers vir elke opsie.
  4. Vee na links, en kies Boekmerk in die kieslys.
    Opsioneel:
    1. Kies 'n kleur vir die vers(e) wat jy wil boekmerk.
      Bible.com:
      Regs onder: Kies Voeg Kleur By.
      Vee links om nog kleure te sien. Om 'n pasgemaakte kleur te kies, vee na ⋯ en kies dit.
    2. Kies die Titelveld en tik 'n titel vir jou boekmerk.
    3. Kies Etikette (Android, iOS) of Voeg Etikette By (Bible.com).
      Jy kan verskeie etikette aan 'n boekmerk toeken.
      Android, iOS:
      1. Begin tik. Indien jy bestaande etikette het, sal hulle vertoon word en kan jy van hulle kies.
        OF
        Tik 'n nuwe etiketnaam vir jou boekmerk en dan kies jy +.
        Regs bo: Kies Geskiedenis om 'n lys te sien van etikette wat jy onlangs gebruik het.
        Kies die rooi - om die etiket uit te wis.
      2. Wanneer jy klaar etikette bygevoeg het, kies ← (Android) of Terug (iOS).
       
      Bible.com:
      1. Kies + om van die bestaande etikette te gebruik.
        OF
        Tik 'n nuwe etiketnaam en druk die invoersleutel.
  5. Regs bo: Kies Stoor om die boekmerk te behou.
    OF
    Bo: Kies Kanselleer (Android, iOS) of X (Bible.com) om na die Bybelleser terug te keer sonder om te stoor.

Kyk na al jou boekmerke

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer), Boekmerke. Al jou notas verskyn, van nuutste tot oudste.

Bible.com:

  1. Regs bo: Kies jou Profielfoto of Eerste voorletter, dan Boekmerke. Al jou boekmerke word van nuutste tot oudste gelys.

Verander 'n boekmerk

Boekmerke op Bible.com kan nie verander word nie.

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer), dan Boekmerke.
  2. Spoor die boekmerk op wat jy wil verander.
  3. Kies regs onder die boekmerk wat jy wil verander, dan   (Android) of  (iOS), dan Verander.
    Opsioneel:
    1. Kies 'n kleur vir die vers(e) wat jy wil boekmerk, of om die kleur te verander. Om die kleur van jou boekmerk te verwyder, kies die huidige kleur met 'n X op.
      Vee links om nog kleure te sien. Om 'n pasgemaakte kleur te kies, vee na die ⋯ en kies een.
    2. Kies die titelveld om die titel van jou boekmerk te verander.
    3. Kies etikette om 'n etiket by jou boekmerk te voeg of te verander:
      Jy kan verskeie etikette aan 'n boekmerk toeken.
      1. Kies een van jou bestaande etikette vir hierdie boekmerk.
        OF
        Tik 'n nuwe etiketnaam vir jou boekmerk en kies dan +.
        Regs bo: Kies Geskiedenis om 'n lys te sien van etikette wat jy onlangs gebruik het.
        Kies die rooi - om die etiket uit te wis.
    4. Wanneer jy klaar etikette bygevoeg of uitgewis het, kies ← (Android) of Terug (iOS).
  4. Regs bo: Kies Stoor om veranderinge te behou.
    OF
    Links bo: Kies ← (Android) of Kanselleer (iOS) om na die Bybelleser terug te keer sonder om te stoor.

Wis 'n boekmerk uit

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer), Boekmerk.
  2. Spoor die boekmerk op wat jy wil uitwis.
  3. Kies regs onder in die boekmerkkaart  (Android) of  (iOS), dan Wis uit.

Bible.com:

  1. Regs bo: Kies jou Profielfoto of Eerste voorletter, dan Boekmerke.
  2. Spoor die boekmerk op wat jy wil uitwis.
  3. Kies regs onder die boekmerk wat jy wil uitwis Nog Meer, dan Wis uit.

Deel 'n Bybelgedeelte

As 'n Bybelgedeelte jou tref, oorweeg om dit op sosiale media te deel of aan 'n vriend te stuur.

Android, iOS, Bible.com:

  1. Kies die Leser as jy nie alreeds daar is nie.
  2. Spoor die Bybelvers(e) op wat jy wil deel.
  3. Kies elke Bybelvers wat jy wil deel. 'n Stippellyn verskyn onder elke vers wat jy kies. 'n Lys opsies verskyn.
  4. Kies Deel vanaf die kieslys.
    Bible.com:
    Indien jy liewer net die vers(e) na 'n ander toep wil kopieer en plak, kies dan kopieer.
  5. Volg die aanwysings op jou toestel om te kies hoe jy dit wil deel (SMS, sosiale media, e-pos, ens.).

Versbeelde

Wanneer die Woord van God jou hart aanraak, kan jy die oomblik in 'n versbeeld vasvang. 'n Versbeeld is bloot 'n Bybelteks wat op 'n prentjie geplaas word. Versbeelde is maklik om te maak en pret om te deel.

Bible.com bied nie hulpmiddels om beelde te skep nie. Om versbeelde op jou rekenaar te skep, kan jy die Bybelvers kopieer en in 'n toep wat met beelde werk op 'n prentjie plak.

Skep 'n versbeeld

Android, iOS:

  1. Kies die Leser as jy nie alreeds daar is nie.
  2. Spoor die Bybelvers(e) op waarvan jy 'n beeld wil maak.
    Hou in gedagte: hoe meer vers(e) jy kies, hoe kleiner sal die teks in jou finale beeld wees.
  3. Kies elke Bybelvers wat jy in jou beeld wil hê. 'n Stippellyn verskyn onder elke vers wat jy kies. 'n Lys opsies verskyn.
  4. Kies Beeld uit die keuselys.
  5. Vir die agtergrond van jou beeld:
    Kies 'n foto: (vanuit die eerste vierkant met die bergikoon) uit jou eie kamerarol.
    OF
    Kies een van die bestaande beelde.
  6. Onder: Gebruik die instellings om jou versbeeld aan te pas soos jy dit wil hê:
    1. Kies 'n lettertipe.
    2. Pas die lettergrootte en spasiëring aan.
    3. Kies 'n vorm vir jou versbeeld.
    4. Kies die Deursigtigheid vir die Bybelteks.
    5. Pas die wasigheid en helderheid van die agtergrond aan.
    Tik een keer binne die teks om dit te wysig. Tik enige plek op die agtergrond om die teksredigeermodus te stop.
    Lang-druk enige plek op die teks om die belyning of breedte van die teksblokkie te stel.
  7. Regs bo: Kies Stoor om jou versbeeld te behou.
    Kies Deel en volg die aanwysings om jou versbeeld op sosiale media te deel of na 'n vriend te stuur.
    OF
    Bo: Kies ← (Android) of Kanselleer (iOS) of die invoersleutel om na die Bybelleser terug te keer sonder om te stoor.

Kyk na jou versbeelde

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer), Versbeelde. Al jou versbeelde word van nuutste tot oudste gelys.

Bible.com:

  1. Regs bo: Kies jou Profielfoto of Eerste voorletter, dan Versbeelde. Al jou versbeelde word van nuutste tot oudste gelys.

Deel 'n Versbeeld

Bible.com bied nie 'n manier om versbeelde te deel nie.

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer), Versbeelde.
  2. Spoor die versbeeld op wat jy wil deel.
  3. Kies regs onder in die versbeeldkaart  (Android) of  (iOS), dan Deel.
  4. Volg die aanwysings op jou toestel om te kies hoe jy dit wil deel (SMS, sosiale media, e-pos, ens.).

Wis 'n versbeeld uit

Versbeelde kan nie by Bible.com uitgewis word nie.

Android, iOS:

  1. Regs onder: Kies ≡ (Meer), Versbeelde.
  2. Spoor die versbeeld op wat jy wil uitwis.
  3. Kies regs onder in die versbeeldkaart  (Android) of  (iOS), dan Wis uit.


Hoe het ons gevaar?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)