Genesing
Bybelverse
Bybelplanne
Gebed vir genesing
Hemelse Vader, dankie dat U iemand is op wie ons te alle tye kan staatmaak. Selfs wanneer ons gebroke voel, kan U ons gebrokenheid in iets pragtigs verander. Niks is vir U onmoontlik nie. U is in staat om die moeilikste diagnose en die donkerste situasies te neem en dit om te keer tot U eer en ons beswil. Niks is te moeilik vir U nie. Genees ons dus asseblief, Here, en ons sal genees word. Red ons, en ons sal gered word. U is die Een aan wie ons vasklou, versterk ons dus asseblief, help ons en ondersteun ons.
Selfs al kom genesing nie soos ons verwag nie, help ons om nooit op te hou glo dat U in beheer is nie. Alhoewel ons dalk nie volkome genesing aan hierdie kant van die ewigheid sal sien nie, sal ons eendag volkome genees wees. En ons hou vas aan daardie hoop, want U het vir ons gewys dat dit nie tevergeefs is nie. U is ons Geneser, en U alleen onderhou ons. En solank daar asem in ons longe is, is daar 'n rede om U te verheerlik.
In Jesus se naam, Amen.