Vergunning op Android
Toestel ID & Oproepinligting
- Die Bybel Toep monitor nie en stoor GEEN audio, inligting of metadata nie
- Die Toep kry 'n aanduiding van die toestel om audio af te skakel sodra jy 'n oproep ontvang
- Die Toep stel sy eie audio laer sodra daar 'n luitoon of ander kennisgewing deur die toestel ontvang word
Fotos / Media / Lêers
- Die Bybel Toep het lees/skryf toegang tot you toestel nodig om vertalings wat jy aflaai na die SD kaart toe te kan skryf
- Dit het toegang tot jou kamera rol nodig sodat jy jou profielfoto kan skep en om jou eie Vers-fotos te skep
- Dit kan nie media op jou toestel lees of skryf tensy jy dit instel nie
Identiteit
- Die Bybel Toep versoek toegang tot jou rekeninglys om die aanteken proses so eenvoudig moontlik vir jou te maak.
- Dit is sodat jy 'n rekening kan gebruik wat jy reeds het (soos bv. Facebook of Gmail)
- Die alternatief sou 'n meer ingewikkelde bevestigingstap wees waar YouVersion vir jou 'n epos stuur met 'n skakel wat jy op moet klik
- YouVersion verkoop nie enige persoonlike inligting wat u aan ons verskaf nie en ons deel dit ook nie sonder u uitdruklike toestemming nie
Ligging
- Die Toep verwys na jou ligging alleenlik wanneer jy die "Live" funksie gebruik om na Lewendige YouVersion Gebeure naby jou te soek. Sien hier
Kontakte
- Hierdie funksionaliteit word benodig sodat u die Bybel Toep met vriende kan deel, of u vriende kan uitnooi om by u aan te sluit in die Toep
- Dit sal net toegang hê na u kontakte as u die proses begin
- YouVersion stuur niks namens u nie tensy u dit uitdruklik versoek
- bv.: as u 'n Bybel vers aan 'n vriend stuur dmv 'n SMS boodskap of epos
Netwerk (Internet & Wi-Fi)
- Die Bybel Toep moet soms data lees vir take soos:
- Die speel van audio en video
- Voorsiening van Bybelhoofstukke
- sinkronisering van jou onlangse hoogtepunte, ens. met ons bedieners
- Die Toep moet u netwerk verbinding kan aanvoel om te weet wanneer om oor te skakel na "aflyn" modus
Begin by Laai
- Die Bybel Toep begin by laai van die toestel om te verseker dat enige herinnerings wat u opgestel het, u op die regte tye in kennis stel
Verhoed Toestel "Slaap"
- Die Bybel Toep het vergunning nodig om die skerm aan te hou wanneer jy lees maar nie noodwendig die skerm aanraak nie
- Dit sal slegs voorkom dat die skerm afsit terwyl die Bybel Toep oop is en fokus het
- Hierdie funksie in onaktief as die Toep nie oop is nie en het geen uitwerking op ander Toepe terwyl hulle beheer oor jou skerm het nie