Verander Vertalings (weergawes) op Android

Opgedateer 8/6/19 deur Friedrich-Wilhelm Prussak

Verander Vertalings
  1. ​Kies Lees (boek ikoon) in die hoofkieslys
  2. Kies die vertaling kort kode wat regs van die boek en hoofstuk verskyn (bv. "AFR83" = Afrikaans 1983 Vertaling)
  3. Rol deur die lys van beskikbare vertalings en kies die een wat jy wil hê.
  • Die vertalings wat jy die mees onlangste gebruik het word eerste vertoon
  • Vertalings vir die huidige gekose taal word alfabeties vertoon
Soek Vertalings
  1. Kies die Soek ikoon (vergrootglas) regs bo
  2. Tik die vertaling kort kode (bv. AFR53) in die Soek kassie of tik die volledige naam van die vertaling wat jy wil hê (Afrikaans 1933/1953)
  3. Terwyl jy tik sal die beskikbare vertalings vertoon word
  4. Kies jou voorkeur vertaling
Vertaling Taal
  1. Kies Taal of huidige taal ikoon
  • Dit neem jou na die Taal kieslys
  • Jy sal twee opsies hê om die taal te vind wat jy wil gebruik:
    • Rol deur die lys van tale en kies die een wat jy wil hê, OF
    • Kies Soek ikoon (vergrootglas) regs bo
  1. Tik jou Taal voorkeur in
  2. Terwyl jy tik sal al die beskikbare tale vertoon word
  3. Kies die verlangde taal

Bykomende Inligting

Die verandering van die taal van die vertaling verander nie die taal wat in die Toep vertoon word nie. Om die taal wat binne die Toep vertoon word te verander, kies hier


Hoe het ons gevaar?