Ek Ontvang nie epos vanaf YouVersion soos verwag nie?

Opgedateer 9/6/19 deur Manfred Amstutz

  1. Kyk in die gemorspos (spam) mandjie in jou epos program of die epos daar is.
    1. Indien jy dit daar vind merk dit as "Nie Spam" en skuif dit na jou Inmandjie.
  2.  Indien jy jou epos kan nagaan via 'n webkoppelvlak (soos hotmail.com of gmail.com) probeer dit ook.
    • Sommige epos verskaffers merk boodskappe as gemorspos op hierdie vlak selfs voordat dit na jou inmandjie gaan
    • Gebruik die soekfunksie op die web (nie in 'n epos toep) en soek vir no-reply@youversion.com
  3. Indien jy van 'n "Spam" filter gebruik maak, voeg asseblief no-reply@youversion.com by, dit is ons epos adres en sal verseker dat jy ons epos in die toekoms ontvang
    • First Name = Noreply
    • Last Name = Youversion
    • Email = no-reply@youversion.com
  4. Dit kan ook wees dat jy meer as 100 eposse in jou Spam/Junk Mail mandjie het, wat die aflewering van ander epos kan vertraag. Om dit te verhoed maak gereeld jou Spam/Junk Mail mandjie leeg.
  5. Kyk of jou epos 'n lys van geblokkeerde epos adresse het en of no-reply@youversion.com op daardie lys is
  6. Kyk of jou epos 'n lys van veilige afsenders en ontvangers het en voeg no-reply@youversion.com by daardie lys
  7. Nadat jy al die bostaande wenke gevolg het versoek asseblief dat die epos weer gestuur word en jy behoort dit nou te ontvang

Bykomende Inligting

Indien jy nog steeds nie die epos ontvang nie lê die probleem gewoonlik by jou epos diensverskaffer. Tree asseblief met hulle in verbinding om te vra of hulle die epos blokkeer.

  • Die epos sal afkomstig wees van no-reply@youversion.com  
  • (Dit is waarom ons vra dat u dit by die "Spam" filter voeg in stap 3 en geblokkerde epos in stap 5)
  • Die onderwerp opskrif kan wissel na gelang van die rede waarom die epos aan jou gestuur is
  • Byvoorbeeld: vir 'n nuwe wagwoord sal die onderwerp opskrif  Herstel Jou YouVersion Wagwoord wees

Indien jy by 'n opvoedkundige instansie of ander organisasie werk en jou werksepos vir YouVersion gebruik, kontak asseblief die IT Afdeling vir geblokkeerde epos.


Hoe het ons gevaar?