Wysig Profielfoto op Android

Opgedateer 24/5/19 deur Friedrich-Wilhelm Prussak

Om jou Profielfoto te wysig
  1. Kies jou voorletters of profielfoto op die tuis-skerm
  2. Kies die drie kolletjies en dan Wysig Profiel
  3. Kies die huidige profielfoto in die middel bo - 'n opwipskerm sal verkyn met keuses om 'n nuwe foto te kies
  • Hierdie opsie is om 'n foto uit die toestel se gallery te kies
  1. Kies Gallery
  2. Kies die foto of prent wat jy wil hê en dit sal onmiddelik na jou profiel opgelaai word

Kamera
  • Hierdie opsie is om 'n foto met die toestel se kamera te neem
  1. ​Kies Kamera
  2. Neem 'n foto​​
  3. Kies Stoor sodra jy die foto het wat jy wil gebruik

Invoer vanaf Facebook
  • hierdie opsie laat jou toe om 'n foto uit jou Facebook rekening te kies
  1. Kies Invoer uit Facebook
  2. Teken in by jou Facebook rekening
  3. Jou Facebook profielfoto sal automaties as jou Bybel Toep profiel vertoon word.


Hoe het ons gevaar?


Powered by HelpDocs