Wysig Wagwoord op Android

Opgedateer 22/5/19 deur Pieter van der Merwe

Jy moet by jou rekening ingeteken wees en die huidige wagwoord ken om die wagwoord te kan wysig. As jy nie ingeteken is nie kies hier vir meer inligting.

Hoe om jou wagwoord op Android te verander

  1. ​Kies Meer (drie lyne) ikoon
  2. Rol af en kies Instellings
  3. Kies Wysig Profiel
  4. Rol af en kies Wysig Wagwoord
Indien jy jou wagwoord ken
  1. Tik jou huidige wagwoord in die eerste blokkie
Indien die huidige wagwoord verkeerd is word "Ongeldige Wagwoord" vertoon
  1. Tik jou nuwe wagwoord in die tweede blokkie
  2. Kies Wysig
​Indien die wagwoord aanvaar word sal jy na die vorige skerm teruggeneem word
Indien jy jou wagwoord vergeet het
  1. Kies Wagwoord Vergeet?
  2. Tik jou epos adres in en kies Stuur
Boodskap "Ons sal probeer om 'n herstel wagwoord epos na jou epos adres te stuur, klik op die skakel in die epos om voort te gaan" word vertoon
  1. Gaan jou in mandjie na vir 'n epos vanaf no-reply@youversion.com
  2. Maak die epos oop en kies  Herstel Wagwoord
  3. Tik jou nuwe wagwoord in beide die "Nuwe" en "Bevestig" wagwoord blokkies
  4. Kies Verander Wagwoord
Bykomende Inligting
  • Wagwoorde moet tussen 6 en 32 karakters lank wees en is kassensitief


Hoe het ons gevaar?