Teken Aan (nuwe rekening) op Android

Opgedateer 19/5/19 deur Pieter van der Merwe

Aansluit Opsies
  • Jou YouVersion rekening is heeltemal gratis
  • Jou rekening gee vir jou toegang tot jou persoonlik rekening inhoud op enige toestel wat deur die Bybel Toep ondersteun word.
  • Jy sal dan ook jou notas, boekmerke, planne en fotos kan stoor
  • Om 'n rekening op te stel nadat jy die Toep installeer het, maak die Toep oop en kies Teken Aan en kies dan een van die volgende:
 Kies Teken In met Google In die eerste kieslys (as jy G-mail het en wil gebruik)
  1. Kies GAAN VOORT MET GOOGLE
  2. Kies die Gmail rekening wat jy wil gebruik van die opwipkieslys
  3. Jou YouVersion rekening is geskep en jy is ingeteken met jou Google wagwoord
Indien jy jou Facebook rekening wil gebruik
  1. Kies Facebook
  2. Jou YouVersion rekening is geskep en jy is ingeteken
Vir ander e-pos rekenings, kies EMAIL
  1. Jy kan een van die e-pos rekenings wat jy reeds op jou toestel het kies of jy kies Geen van die Bostaande om 'n ander e-pos rekening te gebruik.
  2. Indien jy Geen van Bostaande gekies het vul jou naam, van en e-pos adres in en kies 'n wagwoord
  3. Kies Teken Aan om die registrasie te voltooi
  4. Kies Ja om te bevestig dat jou epos adres korrek is
  • Bevestig Rekening - Gaan na die e-pos adres wat jy gebruik het om die rekening te skep en vind die e-pos van no-reply@youversion.com. Gaan terug na die Toep en kies Vervolg (ACCOUNT CONFIRMED sal vertoon word)
  • Die bevestigings epos is slegs nodig om aan te teken per epos. Indien jy nie die e-pos ontvang nie, Kies hier
Die minimum wagwoord lengte is 8 karaters met 'n maksimum of 32 karaters. Wagwoorde is kassensitief.


Hoe het ons gevaar?


Powered by HelpDocs